Vergewe my want ek wou iets oor die Bulls skryf, maar het toe eerder klomp brannas in Joburg gedrink. Sue me.
Die week wat verby is het almal so stadig maar seker begin Bok befok raak en net om die average bra wat dalk nie 'n Super Rugby malkop is nie te help, gaan Kaptein Kortbroek gou weer sy linker klinker uitruk en vir jou so paar tips gee wat jou soos 'n legend – of moegoe – by daai braai gaan maak.
Paar tips:
1. Die Bokke jol oor twee weke teen Engeland. (belangrike een daai)
2. Die games is in Durbs, Jozi en PE.
3. Engeland gaan met at least drie boere in hul groep hier opdaag.
4. Dis nie die Britse Leeus nie – hulle jol in rooi truie, die soutpiele wat amper hier is speel in kit wat so wit soos 'n doek is – voor jou kid dit bekak het.
5. Victor Matfield, Schalk Burger en John Smit word nie deur Klippies gesponsor nie – hulle koop nes ek jy hul eie doppe vir die een.
6. Die bierpens brigade gaan beslis gal braak oor die eerste span wat die nuwe coach kies. Worry eerder as niemand bitch en moan nie. O ja, en sorry Stormers, dit lyk asof die daar meer Sharks en Bulls in die groen en goud gaan wees.
7. Almal mag 'n opinion oor die Bokke hê – even Puke Watson.
8. Moet ook nie verbaas wees as Heineken Meyer so paar ou ramme in die mix in moer nie. Of jy hom nou laaik of nie – sy mission is om te wen, al is dit net met 'n halwe punt wat hy by die DA moes leen.
9. Frans Steyn is 'n legend.
10. Elke Bok moet vir twee weke voor die game ophou spyker – okay dalk nie, ek praat kak en jy lees dit.
Terug na die week se games, behalwe nou die Bulls wat klaar verloor het.
My advice is om more jou eie nasionale braaidag te declare, vanmiddag genoeg dop en dalk iets vir 'n pot te koop en die kids by ouma te gaan aflaai.
Dit begin reeds vroeg met 'n onderonsie tussen die Hurricanes en die Rebels. As jy die moeite doen om vir die een op te staan (7:30) is jy 'n freak en het jy duidelik nie die vorige aand 'n chick gewors nie.
Opsomming: Die Rebels het in die seisoen al meer games gewen as wat die Lions oor die laaste vier jaar kon. Ek haat die bliksems. Die Hurricanes is about so onvoorspelbaar soos meeste girls se moods.
Voorspelling: Hurricanes behoort die een te vat met so vyf.
Die Blues speel daarna teen die Highlanders en vir die een scheme ek dis okay as jy maar iets ligs soos 'n Bloody Mary knak. Ook dalk 'n goeie idee om die braaier nader te trek – jy gaan mos pot maak en sovêr ek weet vat oxtail about so lank soos dit die Lions vat om 'n game te wen.
Opsomming: Die Blues is hond sleg en gaan carrots eet.
Voorspelling: Highlanders met so 15
Aussie games pis my oor die algemeen af maar die Brumbies/Reds Game behoort 'n piele een te wees. Teen die tyd kan jy maar die vuur light sodat die vleis kan begin prut. 'n Koue Castle Light raak nou 'n opsie en 'n ligte brunch kan ook werk.
Opsomming: Die Reds lyk asof hulle weer uitgefigure het hulle jol rugby. Cooper se tweede game terug en Will Genia is 'n yster. Die Brumbies is ook nie te kak op die oomblik nie – tight one.
Voorspelling: Reds met so 8.
Nog nie tyd om die veggies in te moer nie, maar nou sal 'n brannas soos stroop loop. As jy 'n Lions fan is, drink maar 'n ou tequilatjie vir die nerves want dit kan dalk net lelik raak. Hulle speel after all teen 'n span wat net so kak is – verloor gaan eina wees al het jy 'n idee dat dit kan gebeur.
Opsomming: Western Force is 'n faktap naam vir 'n span. Maar as jy op jou Superbru check hoeveel rooi merke daar langs die Lions se naam is, is dit asof die fokkers hulle jersey op die lys try replicate. Holy crap!
Voorspelling: Lions trek hom deur met so drie punte want Kersvader is ook 'n Lion.
In Bloem is veggies hoender of vark, maar vir die doel van hierdie pot kan jy nou maar die groente begin nader trek. Spices en jou secret sauce dalk ook. Brannas bly nog die dop, maar jy's ook nie bang nie, so gooi maar 'n Rumpampie vir die Cheetahs/Waratahs game. Why not?
Opsomming: Die Waratahs is nie 'n kak span nie al lyk dit soms so. Daar is 'n paar Vrystaters wat nog die Bok coach wil impress en die is hul laaste kans.
Voorspelling: Cheetahs wys bietjie ballas en stamp die skaapwagters met 9 punte.
Teen die tyd moan klomp honger mense in jou ore en as jy dit reg gedoen het behoort jy te dronk te wees om te worry. PVR maar die Sharks game want ek twyfel of jy dit actually gaan kan onthou.
Opsomming: Ek't 'n feeling (ja, nou moet jy worry) die Stormers gaan ons almal verbaas met 'n befokte attacking game. Kyk, ons almal weet hulle laaik tackle meer as sex – noem dit net 'n hunch. Wat die Sharks aanbetref dink ek hulle moet iewers 'n fine of 'n PK kry dat hulle met soveel goeie spelers al vyf games die seisoen verloor het. Donner, hulle speel nou lekker en dit pis my ook af.
Voorspelling: Coin toss, met die Sharks wat gaan vir tails, cause tails never fails.
Watkykjy staan op 3,110,940 post views in totaal sedert 1 November, 2019.