Dear Diary…
Ek het al voornemens herskryf sodat hulle meer realisties is en ek hulle eintlik kan behaal.
Ek loop nou die dag in ‘n ou pêl vas, wat na my mening bietjie van ‘n piel was. Ek meen ka’maaan na ‘n paar drinks wys hy vir my foto’s op sy foon van ‘n hot cherry, maar nie eenkeer mention hy dat dit net fotos van some moooi skirt wat hy van Google af ge save het nie. Nee, die naaier gaan net aan oor hoe mooi sy is, hoe hy haar wil inspan, en die heeltyd as ek die topic wil verander dan val hy my gou in die rede met “checkcheckcheck net nog hierdie een”.
Fok my, dit was loshande een van die awkwardste oomblike van my lewe. Jy weet een van daais waar jy skaam kry vir iemand anders se bestaan. Jy voel sommer hoe die skaamte by jou rugraat afloop. Arme Barry, die naaier het hard gaan swot na skool, ‘n rekenmeester geword en sukkel om ‘n goose te kry.
Anyway dit van keel af. Tussen al die Google gooses en ongemaklike stiltes praat ons oor ons nuwejaarsvoornemens. Syne was iets tussen sightseeing met sy totterman en draf, gym, ophou rook en ander selfhelp kak. Sorry om te sê perd maar met jou Crocs en pornbelaaide Iphone gaan jou totter net jou palm sien en jy met kommies in jou hand sit.
Barry het egter ‘n kwaai ding kwytgeraak oor nuwejaarsvoornemens. Barry maak nie voornemens nie want Barry like dit nie om vir homself te lieg nie – al dink Barry die chick op sy Iphone is sy meisie. Sien Barry maak eerder halfjaarsvoornemens. “Want as jy dik gesuip het oujaarsaand en jy die 1ste wakker word met n babbies so groot so ‘n Blouwalvis gee jy nie ‘n fok om oor die kak wat jy vir jouself gesweer het nie.” “Ophou rook, minder Take Aways, “iets doen met jou lewe”, tuinmaak warrefokokal dit mag wees, die 1ste gaan jy al daai belofdes breek as jy ‘n Wimpy brekfis eet, koffie drink en ‘n smoke rook terwyl jy wonder hoe de fok jy op die highway beland het…
Wel ek het so bietjie gaan na dink oor sy wonderful wizardlike wisdom wat selfs vir ou Gandalf ‘n run vir sy money sal gee en ‘n paar voornemens gaan maak wat ek tussen nou en die tweede helfde van die jaar gaan regkry of eerder met NIE gaan regkry nie. Want soos Barry, hou PoesGrootKleinRuantjie nie daarvan om vir hoself te lieg nie.
EK GAAN NIE MINDER DRINK NIE.
Ek like dit nie om vir myself te lieg nie, dit laat jou net soos ‘n poes voel, dus het ek besluit dat ek nie gaan minder drink nie. Nee, fok dit. Ek like ‘n bier saam my vrinne, ek like ‘n dop wizza met water op die ys as ek voor die komper werk. Ek like getap word saam my tjommies wanneer ons music festivals toe gaan en totale holle van onsself maak. Drank is lekker. Dis lekker om in ‘n bar te blom saam met lekker mense. As jy dan nou perongeluk (tong in die kies) kakdronk word, so be it. Die trick is om poesdronk te raak – nie ‘n dronk poes nie. Plain and simple. O ja en ook natuurlik DON’T DRINK AND DRIVE, maar dis vanselfsprekend, so fok jou as jy dit doen. As jy dop en daar's nie ‘n responsible driver nie, toffee vir jou, ou boet. Julle aand out and about op die town het nounet ‘n turn for the worst gevat. Jy sal my more bedank. En as jy reeds tussen die klaps baljaar en by die huis wil kom moet jy maar hoes vir ‘n taxi of ‘n tekkie klap.
EK GAAN MY TIME BETER MANAGE aka MY LEWE IN ORDE KRY aka iets met my lewe doen.
John Lennon het gesê “Life is what happens when you are making other plans.” As daai tammaletjie so bietjie jou grysstof krap moet jy net weet dat as jy jou hele lewe lank als gaan try inrig en uitsort soos 'n huisvrou met 'n polkadot rok en plastiek grin op haar bakkies gaan jou lewe verby wees voor jy kan sê tweetikkoppehetmesgefightoortweestrootjiestikenaltweehetverloor. Die fokken trick van die lewe is nie om heeldag als te uitsort en nooit by die lewe self uit te kom nie. Lewe is nie rocket science nie. Bly in skool tot matriek, luister vir jou ouers as hulle sê moenie wiskunde en wetenskap drop nie. Kry ‘n werk of try swot, verdien jou geld, crime doesn’t pay, wag vir Vrydag, nooi jou tjommies oor, koop ‘n bottle, wax ‘n bankie, hou ‘n braai en duik want dis naweek.
EK GAAN MEER GELD MAAK aka SPAAR aka KYK WAT EK VIR DIE ARM MENSE KAN DOEN.
Hokaai daar, perd. Moet nou nie jou jouself vir die Olimpisie spele van voornemens hier inskryf nie. Geld is duur en as jy lucky genoeg is om kakbaie buffels in jou kraal te hê pat yourself on the back en weet ek is kak jaloers op jou en jy kan maar aanbeweeg na die volgende voorneme.
As jy wil meer geld maak vir watokal rede hierbo genoem is, is dit ‘n heel legitimate voorneme. Almal soek meer geld behalwe rappers, hulle het obviously te veel en blaas dit op stupid kak soos baseballcaps van draakvel, voortande van maanklippe en karre van goud.
Jy kan jou baas vra vir ‘n verhoging. Kans dat jy een gaan kry is net nie so hoog soos jou hopes nie. Sorry pêl, jy moet ‘n politikus of sportscoach of so iets is wees om ‘n verhoging te kry wat vir jou ‘n huisie by die see gaan koop. As jy ‘n regular Joe is, is die beste maar dalk ‘n second income. En om godsnaam daai “koeverte-invul-en-pos-vanaf-die-huis” wat hulle agter in Keur Tydskrif adverteer is ‘n kakspul en nie ‘n tweede inkomste nie. Daai gedagte diep in jou onderbewussyn dat dit ‘n fail-safe back-up plan is vir wanneer die finansiele poeffie die fan strike kan jy maar vir die voëls gooi. As jy regtig bereid is om moeite te maak en jou pride te sluk kan jy verseker bokke in die sak steek.
Soek ‘n niche in jou vriendekring of gemeenskap en fokken spuit daai niche vol van jouself. Ek't met trane in my jaloers oë gecheck hoe 'n tjommie en sy cherry beide op scuba courses was en toe Mozambiek toe is vir twee weke se suip, saag en scuba duik met sy vriende fokken geld. Die man het ‘n geleentheid gespot en homself beskikbaar gestel. Sy meisie se broer se kind se oom se buurman se hond se nanny se wieokal het ‘n plaas buite die stad gehad wat vol fokken doringbome was. Hulle wou dit af hê en hy het ingespring met ‘n handlanger en ‘n chainsaw. Na ‘n paar Saterdae se werk het hy heelwat hout gesaag gehad, dit gedroog en mooi verpak kompleet met sy eie sticker wat hy op MicroSoft paint design het en op sticker papier uitgeprint het. Hy het toe al sy fokken tjommies ‘n bulk text gestuur een Vrydag middag vroeg om te hoor wie braai daai aand en of van hulle hout kort? Hy sal kom deliver vir ‘n paar ekstra bucks. So het sy gewildheid gegroei en braaihout het kaggelhout geraak en na so 12 maande se Vrydae hout aflewer en baie braais bywoon is die fokken entrepreneur Mozambiek toe. Once. Nice.
As for the spaargeld vibes, lees bo. Moet net nie Mozambiek toe gaan nie. Druk al jou ekstra sente onder jou matras in en hoop nie jy gaan dood voor jy dit kon spandeer nie.
En die armes help? Moenie die arme bedelaars help nie. Help eerder die mense wat hulleself wil help. Give responsibly. Ondersteun eerder plaaslike charities met ou boeke of klere of kos. As jy hulle geld gee gebruik hulle dit net vir tik of rooiprop wyn raak mal en val in die pad rond waar jy dalk met jou kar oor hulle kan ry.
HOU OP ROOK.
Ah die een is op elke roker se lippe. “ek gaan volgende jaar ophou rook, my lewe gaan soveel beter wees, julle rokers stink, ek kan nie glo ek het gerook nie.” Ja en ja en ja en ek weet en fokkof, toe! Ek rook en jy maak meer ‘n fokken fuss daarvan as ek. Ek sê nou al hoe lank ek gaan ophou rook. Ek doen nooit nie. Ek het nou vrede gemaak met die feit dat ek rook. Ek het Allan Car se boek “Easy Way To Stop Smoking” gelees en ek rook nogsteeds. Dit het nie gewerk nie. Ek’s obviously gemaak vir rook. Fok man, ek is rook. Meer rook as die Skim. Hoekom ek begin rook het, weet ek nie. Daar's baie moontlikhede. Wens ek ek kon ophou? Nee. Ek wens net dit was nie so ongesond nie. Maar dit is nou. Ek kan niks daar aan doen nie. Ek gaan in rus en vrede rook en jy wat opgehou het, gaan wees tog net in rus en vrede bly. Moenie vir my met jou positiewe-daisies-vir-brekfis-attitude kom preek oor hoe goed jy voel nie. Jy het opgehou. Geluk. Gaan skryf ‘n boek. Ek gee nie om nie. Ek rook, ek geniet dit, ek is nie lus om nou op te hou nie. End of story.
Watkykjy staan op 3,123,951 post views in totaal sedert 1 November, 2019.