So, met die oog op 'n mobile TV channel wat ons vir Watkykjy beplan om een of ander tyd voor die aarde vergaan te launch, het ons vinnig 'n pilot gaan skiet en moerse haastig en laatnag aanmekaar gesit. Ons kan dit net sowel met julle deel. Met Braaivibes gaan ons by so paar muso's se huise kuier en met hulle chat vir so paar minute oor wat in die musiekbedryf in Suid-Afrika aangaan. Braaiboy sal elke keer vir ons die vuur stook en seker maak dat die magies ge-lign is voor ons die biere of die brannas vasvat.
Vir ons eerste visit het ons by Peach Van Pletzen van Yesterday's Pupil gaan kuier. Julle sal miskien onthou dat ons sy nuwe (free) album so twee weke hier op Watkykjy bespreek het.
Hierdie is is 'n moerse rough cut van die formaat wat ons beplan, maar alles sal nog aangepas en uitge-smoof word mettertyd soos geld op ons rug begin groei…
Watkykjy staan op 3,048,230 post views in totaal sedert 1 November, 2019.