Polsmoor Prison se long term residents sou nou nog op straat gewees het as hulle so lekker soos die Stormers kon steel. Vir elke bra wat dalk op kantoor was en nie gecheck het nie, julle weet seker al teen die tyd dat hulle 23-13 gewen het, maar hier is 'n breakdown van hoe hulle dit reg gekry het.
Vir starters is die belalngrik om te noem dat die Reds in die laaste minuut van die game ook hul bonus point verloor het en dat hulle pis goed bitter was. Peter Grant take a bow. Wat ervaring en skill aanbetref is hy op die oomblik my starting 10 vir die Bokke en as jy sy tackle op Reds fullback Luke Moroon hier teen die einde gecheck het, sal jy verstaan hoekom – skop ook soos 'n masjien.
Maar voor ek soos 'n expert begin rakka-takka oor solid defence, was die turnovers of omgekeerde besit op crucial moments dalk meer special. Na 'n lekker penalty om die bal aan die rol gekry het, het Appels (Gio Aplon) die eerste van twee tries gescore en voor die Reds kon sê "It's okay to date your cousin" is hulle 10-0 agter.
Nie dat hulle heeltemal so kak gespeel het nie. Dit was meer 'n geval van Tiaan Liebenberg, Juan de Jong, Appels en Duane Vermeulen wat soos bandiete tekere gegaan het. Elke keer het die Reds mooi opgebou en elke keer toe die tryline voor hulle was moes hulle daai First For Women consultant bel om 'n diefstal claim te lodge.
Teen die einde van die game was hul bybetaling meer as jou huispremie. Scheme hulle is op die oomblik met die Hippo besig en is al vir so uur "on hold". Ek kon ook nie die kak Ozzy commentary hanteer nie, so het die game met Interwebsradio in die agtergrond gekyk.
Nie net het dit my gespaar om na Steve Walsh se useless stem te luister nie – befokte tunes het die replays en adds ook minder afpissend gemaak. Vir some rede werk Beach Boys noggals lekker.
Back to the game.
Rynhard Elstadt en De Jong het my convince dat hulle in 'n Bokspan behoort. De Jongh dodge tackles soos ek my speed fines try dodge en val die advantage line aan soos 'n fearless freak van Vereeniging. Elstadt is net fokken oorals. En al speel hy gewoonlik slot, maak hy even meer kak op flank. So het die Reds bly pressure opsit en moes hulle wag tot die halfuur merk om op die scoresheet te kom met 'n penalty.
Daarna het het die Stormers 'n try gescore wat net weereens bewys het dat elke span 'n Ginger Ninja nodig het. Steven Kitshoff het met bal (rugby) in hand teen die lyn af gemission soos 'n besetene en unlike ander voorries wat dalk eerder in kontak in sou gaan, het hy 'n well timed pass binnetoe gegooi om die beweging aan die lewe te hou.
Gio Aplon het so bietjie hanteer en in a rare moment van total control het Grant uiteindelik oor die Reds se Mike Harris gebliksem.
Tjoppie tjops en die Reds was 17-3 agter.
Die tweede helfte was minder exciting en dit was noggals ironies dat hulle kaptein van 'n shocking lynstaan af hule enigste try moes score. James Horwill het behoorlik 'n horing gerky, maar is so paar minute daarna teruggebring aarde toe deur Vermeulen wat op die oomblik die nommer agt trui vir die Bokke behoort te dra. Klipdrift sponsor die Bokke en Duane is sekerlik een van die kliphardste ouens in die Super Rugby circus.
Die res van die tweede helfte was daar nog so paar cool moments en die brasse op die bench het hul man gestaan, maar dit was Super Kak toe Appels met 'n hammy moes af kom. As hulle lynstane nie soos die Lions s'n gelyk het nie – ja dit was so pathetic – kon die Stormers maklik nog twee tries gescore het – kom ons hoop Andries Bekker se rug is nie te moertoe nie.
My Man of the Match: Juan de Jong – Daar's nie fout met die bra se skills nie. Naas Frans Steyn is hy die beste 12 wat ons het. Sorry Jean Div, jy is ook awesome, maar die man is without a doubt the next big thing.
Kaptein se concerns: Lyn-fokken-stane. Dis nie rocket science nie, maar dit is wel statistically die plek waar jy die maklikste 'n try-scoring assault can launch. Om meer as vier van jou eie balle in 'n game te verloor is net plein stupid.
Ref meter: Steve Walsh is nou maar net 'n bonehead wat nie regtig weet waar die omkant-lyn is nie. Net twee brain freeze moments in die game en het darem die toets geslaag.
Rugbymenu vir Saterdag
Rugby wat dalk to 'n braai of twee oor die naweek kan veroorsaak.
Duik, maar nie te diep nie want more oggend is daar 'n breakfast of brunch wat heel smaaklik lyk. Die Hurricanes teen die Crusaders is net wat jy nodig gaan hê om oor daai babbe te kom.
Prediction: 'n Kiwi span gaan verloor met so 9 punte, moontlik die Hurricanes.
Na jou brunch kan kan jy maar gaan blitz en brannas koop vir die ander games want die Waratahs en Rebels game behoort 'n gaap fest van so 25 punte te wees. Pleks retire die Rebels eerder net en donate hulle plek vir die Kings.
As jy nie weet hoe om vuur te maak en nie soos 'n luigat blogger op gas braai nie, kan jy so teen 3uur begin dink aan vuur aansteek. Dalk die hond of kat bad en dan so teen 4:30 'n ou worsie munch om net 'n lekker lining vir die res vand die aksie te hê. Was laasweek op die Sharks se case, en toe wen hulle, so ek gaan die week dit weer doen. Iets pla met die span en die odds is dat die Chiefs dit dalk weet. Hopelik is Bizzy lus vir kakmaak en Lambie ook.
Prediction: Chiefs om die nat haai met so 4 punte te… spyker.
As jy teen die tyd nog nugter is, drink jy either gladnie of is jy dalk net een van daai Castle Lite responsible mense wat al tydens Boots & Alls jou SuperBru picks maak.
So lief as wat ons vir Jake the Snake moet wees vir daai World Cup, so lekker gaan dit wees as die Bulls amok maak.
Genoeg kakpratery vir nou, dis weer tyd vir die ballas om onder die Kortbroek uit te hang.
Prediction: Bulls met 16. Hoekom? Want ek fokken sê so en is net 70% van die tyd heeltemal in my moer in verkeerd.
Watkykjy staan op 3,118,562 post views in totaal sedert 1 November, 2019.