So nou en dan ontdek ons nuwe musiek. Meestel kak, soms goed…
Julle sal hierdie like. Ons het weer nuwe outjies ontdek. Die Skynmaagde is 'n Afrikaanse satiriese groep bestaande uit twee blare genaamd Henry en Wilken. Dis 'n acoustic act, met twee stemme en twee kitare en ook, blykbaar wanneer hulle lus kry, 'n viool. Hulle het gesamentlik ook vier arms en vier bene.
Hulle lewer so nou en dan social commentary, maar dryf eintlik net die spot met enigiets waarvoor hulle lus is. Hulle kom van die Kaap af en is 'n vars act. Nuut oppie scene – nog net twee van hulle tunes is beskikbaar, hoewel nog vier besig is om gemaster te word. Daar was al een of twee baie suksesvolle gigs met like, tien mense, 'n hond en 'n chick agter die bar met 'n tattoo van 'n papegaai oor haar tiete. Hulle werk daaraan om meer shows te gooi en maybe eendag te toer. Maybe sal hulle eendag voor twintig mense en 'n eend met epilepsie speel? Wie weet…
Anyway, luister na hulle eerste twee tunes hieronder. Ons vermoed dat Kommunis Sokkie nogal radio airplay sal kry. Op Interwebsradio, in elk geval…
O ja, jy kan die ouens op Facebook en Twitter volg… En hier is hulle website.
Die Kommunis Sokkie: Winter in my Hart:
Watkykjy staan op 3,071,868 post views in totaal sedert 1 November, 2019.