Ek weet nie hoekom ek dit aan myself gedoen het nie, ek hou seker van die lyding. Miskien was dit my liefde vir die kunste, dalk was ek net jags. Na laasjaar se fokken sirkus moes ek myself net verban het uit Oudthoorn vir die res van my lewe. Die trippie KKNK toe het moerse nice afgeskop, skaars uit Hartenbos toe trek die zarpe ons af. Ek en my tjommie skrik soos iemand wat 'n nat poep gemaak het, gooi 2 vol biere op die bakkie se seats uit. "Sir you didn't stop dead at that stop sign. R500. Sir have you had anyfing to drinks?" Ai fok 2, Blacklabels, so nou gaan ons seker fluitjie moet blaas. My gabba stoot die revs op na so 0.12 op die rape pyp. Dankie tog, 'n man se fokken hart sal gaan staan. Na lang stories oor dat hy nie sy hart saambring werk toe nie en by sy vrou los by die huis en klomp ander kak wat nie ek of jy wou weet nie kry ons finally ons ry.
In Oudtshoorn aangekom weet ons nie waar de fok die Wesbanksaal is nie. Die laaitie wat ons skille vat by die skoolgronde waar ons park bly al sy hele fokken lewe in dorp maar hy weet ook nie. Jirre shame, nie Mamma se slimste kind nie. Hy tune ons ons kan tot 10uur nog in en uit ry, maar na 11 moet ons die ouens by die tent gaan roep, want dan sluit hulle die hek, maar die tent is binne, (met poes skerp palisade fencing rondom) so fok weet hoe dit werk. Hierdie is belangrik, ons kom netnou terug na hierdie gedeelte.
Anyway ons is hier om vir oom Koos Kombuis te kom kyk. Na ek 'n tjerrie by die Pick 'n Pay gevra het (sy fokken weet ook nie mooi nie) stap ons vele myle en kry die Wesbanksaal ('n fokken alsatian byt amper my arm af oppad soontoe). Daar sit 'n tannie by die ingang, langs 'n yskas, met Fanta, Sparletta en Henties juice. Dis fokken al wat jy kan kry om keel nat te maak. Ek vra toe vir haar hoekom de fok sponsor Beyerskloof die show maar daar is fokkol wyn te drink nie? Moet ons nou heelaand sit en kyk hoe oom Koos wyn suip en ons drink guava sap? Vir R90? Go fuck yourself. Die tannie sien toe ons fit nie in by die res van die krimpies wat opgedaag het met hulle begrafnisklere nie en pos ons MK tent toe.
Fokken snaaks dat daar 'n MK tent is, want ons het ons poese los ge-Google voor die tyd en NIKS van MK gekry nie. Daar aangekom, tune die moerbroer ons ons kan eers 9uur ingaan. Dis fokken nice, waar kan mens drink? Ons het al seker 10km gestap teen daai tyd. Dinge lyk nie belowend nie.. Stap na 'n bar langs die polisiestasie, heavy kak jazz vibes, niemand applaude nie, sad en awkward. Maar die bier is darem cheap. Daarna koop ons 'n burger by die kudu stal – jy moet hom try – ek het amper in my broek gecheese vir die burger en die girl wat daar werk.
Vang so vinnige stap deur die stalletjies. As jy hou van kak koop is dit die plek vir jou. As jy nie hou van geld nie en liewer 'n fokken Bob Marley hemp uit 'n sweatshop in China wil verruil vir 200 velle sal jy dit like daar. Fake Ray Bans, kameelperde gevleg uit ogiesdraad. Daai tipe kak.
Okay nou slat ons maar die Kuiertuin. Dinge fokken loop hierso. Die matriek tjerries laat hulle nie afsit deur die sub zero Karoo lug nie. Daai broekies is so kort die apie wil uitklim teen die kante. Ongelukkig is ons fokken lelik en glad nie so buff soos die Huis Visser mannetjies met hulle USN guns en wife beaters aan nie. Nou check ons maar hoe mense neerbliksem oor een van daai sambreel stands wat my tjommie strategies geplaas het op die aanloopbaan vir die bar. Een girl doen 'n rendition van Run DMC se "Its like that" musiekvideo en ons score haar 'n 7 vir style. Die ouens en hulle poppe langs ons dink nie ons is snaaks nie. Ek drink my biere soos iemand wat sy niggie gespyker het en tune my vriend ons gaan maar moet dans. Ek fokken haat dit om te dans. Ek weet nie hoe jou brandewyn babelasse begin nie, myne begin altyd met: "Nee Dewald, brandewyn is kak vir mens, ek voel altyd soos die dood die volgende dag so nee…uh.." Nou is ons in 'n dronk beswyming op die dansvloer, daars so Fabrizio wannabe op stage. Volare word balhare en die skerre wil bra losmaak. Toe ek check my gabba se dansmoves mimic die Madiba shuffle besef ek ons is te fokken oud vir hierdie jol. Die naaiertjies van Huis Visser begin my looi met hulle drinks van agter af, so kom ons fokken duik.
Nou gaan ons maar Lemon & Lime toe – last resort. 'n Tannie wil my ophook met haar dogter wat ek op sig uitvind in die tweede helfde van die Exorcist verskyn het. Wyk Satan! Ek ontmoet toe 'n lekker tjerrie wat beetgekry is met 'n koki pen. Sy lyk soos die backdrop in die Antwoord se musiek video. Nog brannas en later weet ek nie meer wie is my ma nie. Nou moet ek maar try operate met hierdie wyf. Als lyk belowend, ons fok die strate in maar haar vriendin van Lesbania is fokken mal soos 'n kolhaas en hardloop heeltyd in random outbursts van poesmalligheid in die straat af voor karre in. Almal is bekommerd oor haar welsyn, sy is besig om my fokken kanse te verwoes.
Teen 4uur die oggend skiem ek nee dis nou maar wors, my wors in my eie hand vanaand. Darem help die sker my om oor die poesskerp palisade fence te klim. Nou is dit fokken koud bra, FOKKEN koud, eks alleen met net 'n six pack bier in die kar. My tjommie het verdwyn. Ek word 'n uur later wakker gemaak deur 'n lid van die Oudtshoorn boeremag. "Dis nie 'n kamp terrein nie! Dis NIE 'n kamp terrein nie! Hoekom is julle nie uit nie!" Wel fok jou oom, die hek is gesluit. Ek het betaal om hier te stop, en ek is seker die laaities van die laerskool gaan nie die gedeelte onder die rugbypale nodig he 5uur die oggend nie. Maar okay dankie vir jou gasvryheid. Fok jou dorp, fok jou kunstefees, met hierdie hostile houding gaan jou fees binne 5 jaar sy gat sien. Dan moet jy maar staatmaak of jou fokken tacky geverfde volstruiseiers om vir jou whisky te betaal.
Cheers.
Watkykjy staan op 3,118,703 post views in totaal sedert 1 November, 2019.