Die vergrootglas
Hello, Sherlock Holmes! Enige mysteries ge-solve vandag? En daai raging clue voor in jou kortbroek? Kon jy al uitfigure wie daai komkol op mamma se lemmetjiegroen gordyn gelos het? Nie? Is jou houtwerk huiswerk al klaar? Jy moes mos 'n vergrootglas gebruik om 'n prentjie op 'n plankie te brand en dan vernis te verf vir pappa se kroeg. Omdat die houtwerk meneer 'n drankprobleem het, dink hy almal se pappa's het bars in hulle huise. Ah, ek sien jy is NIE klaar met jou huiswerk nie! Daai halfklaar Airwolf prentjie moet vir eers op die backburner sit. Kom ons gaan fokken brand so paar miere op die paving met behulp van vader son…
Dit is hoe dit was in die 80s. Jy het hierdie toy wat al amper 2500 jaar oud is gebruik om insekte wat vyf keer hulle eie liggaamsgewig kon dra, te vermoor. Baie geluk, jou blerrie masogistiese fokken doos!
Rubik’s Cube
Teen 1983 het meer as 100 miljoen Rubik's Cubes wêreldwyd verkoop, slegs drie jaar na sy formele bekendstelling aan die wêreld. Hierdie was 'n defnitiewe icon van die 80s gewees sover dit speelgoed aanbetref. Weet jy hoeveel moontlike posisies daar was op 'n Rubic's Cube? Meer as wat daar in seks is. Soveel:
Check? Mens kan dit nie eers fokken uitspreek nie. As Suid-Afrika 'n oplossing soek vir hulle kak outcomes-based edjimkasjin system en die fokken onnosel kinders van die kinders met potensiaal wil skei, stop vir hulle elkeen 'n Rubik's Cube in die klou. Die kinders wat dit teen tweede pouse oplos mag aanbly in die skool. Die kinders wat die goed skelm uitmekaar uithaal en terug aanmekaar gom moet 'n jaar terug gesit word. Die kinders wat gom vreet moet geskors word. Enige kind wat dit onder tien minute solve, kry 'n eredoktersgraad van Tukkies (as dit even nog iets werd is). Die huidige wêreldrekord om 'n Rubic's Cube puzzle op te los is 6.24 sekondes. Hulle kan gerus vir hierdie freak 'n huis op die maan koop. Holy fucking shitballs!
Die poepkussing
Rrrrrt! toe ouma op die stoel gaan sit. Oupa is nog old school en gee jou sommer 'n poesklap. Hierdie outjie dateer uit die 1930's uit toe 'n Canadian fabriekswerker met rubber off-cuts en gom ge-eksperimenteer het. Die stuk rubber wat – en jy sou dit so vier jaar later agterkom – altyd soos effies ruik en vir een of ander rede hars poeier op gehad het (verpoeierde kom?) is dus nie 'n ware 80's toy nie, maar hy was nogsteeds groot in die 80's en lewe amper 'n 100 jaar later nog steeds voort. Die poepkussing sal nooit uitsterf nie. Solank as wat mense kak en poep of solank as wat die ANC aan bewind bly, sal die poepkussing oorleef. So outjie sal jou deesdae seker met so R30 terugsit. Dertig fokken rand? Vir 'n poepkussing?
Rrrrrt!
Meccano
Nog enetjie vir die rykgat kindertjies van die 80s. Meccano het wel in die 1930's begin maar het so paar keer bankrot gespeel en van eienaars verwissel en is deur die oorlog en metal shortages gekortwiek. Jirre, wat 'n mooi woord… "Kortwiek"… Daar was 'n oplewing in die 80s gewees veral oor elektriese motortjies maar baie van die sets het plastic parts ook gehad. As jy dalk een van die pre-1980 sets het kan jy dit tien teen een verkoop vir 'n kakhuis vol geld. 'n Klomp pappa's het vir hulle laities Meccano gekoop in die hoop dat die laitie 'n ingenieur of iets sou word. Die kanse is goed dat die highways waarop jy ry en die geboue waarin jy werk vir jou tos salaris deur ouens gebou is wat as kind met Meccano ge-jol het. Ons weet ook dat spoilt brats gereeld onder brue opeindig en heroin tussen die tone spuit en kopkoue uitdeel, so die kans dat jou local coke dealer ook 'n Meccano fanatic was, kan seker ook nie ver af wees nie. Jy moes dus poesryk ouers gehad het, of arm Duitse bure wat presission hoër as spys en drank ag. Prys die jirre vir arm Duitse bure met aanvoeling vir presission. Queue hartseer vioolmusiek…
Die cheapste set wat jy deesdae online kan optel gaan vir 200 skille. Ons praat nou hier van die meer moderne Meccano sets. En dan is dit 'n fokken fiets. Vergeet maar van jou aspirasies om 'n Sanral ingenieur te maak van jou laitie.
Hungry Hungry Hippo's
Raait, so jy het nie vriende nie? OK, dan kan jy fokof, mamma se oudste en enigste – hierdie game word deur ten minste twee kinders gespeel met 'n maksimum van vier. Lizzie Hippo was pers, Henry Hippo was oranje (in die overseas. In SA was hy blou), Homer Hippo was groen, en Harry Hippo was geel.
Die aim van die game was om die lever agter op die hippo se rug herhaaldelik te bliksem sodat hy die klein plastic balletjies opvreet en uitkak tot dat daar fokol op die bord oor was. Die hoeveelheid "kak" wat jy gehad het was gevolglik jou score gewees. Dik fokken 80s game gewees en relatief cheap. Hulle het later gayer weergawes van die game ook uitgegee waar die "vreet-area" deur 'n plastic dome ge-cover was sodat jy nie jou balle verloor nie. Die eerste version was cooler. Daar is niks beter as jou fokken irreterende tweejarige boetjie wat met sy bottel flou tee en doek vol kak instrompel en die balletjies begin insluk of daaraan choke nie. </sarkasme>
Jy sal moontlik vaagweg 'n kak Afrikaanse weergawe van die TV commercial kan onthou:
Test Match
Aah, krieket! The gentleman's game.
Dis somer in die 80s en dit reën kliphard buite. Jy en jou tjommies kuier by Kosie en julle kan nie 'n fok buitekant gaan krieket speel nie. Ah, maar julle kan krieket in die huis speel! Kosie se pa is skatryk en het vir hom Test Match vir sy verjaarsdag gekoop so paar weke terug. Baie van julle kom oorspronklik uit armer hoods as Vereeniging uit en het dalk nog nooit hierdie game gesien nie.
Hierdie meneer kom reeds uit die 60s uit, maar met daardie version moes die kinders self die veldwerkermannetjies versier met verf wat waarskynlik deur jou vel ge-absorbeer was en jou van jou tiete af laat trip het en dis ook onwaarskynlik dat Test Match al in die 60s in SA beskikbaar was. Dus, soos met die meerderheid van kief speelgoed van die overseas af, het hy sy proper buiging in die 80s geneem. Pappa het 'n ander tipe buiging van sy eie gehad – hy het oorgebuk en dit in die poeper gevat, want hierdie storie was nie cheap nie. Dis weird, want Test Match het grotendeels uit plastiek bestaan. Jy het jou plastiek veldwerkers gehad wat die krieketbal ('n klein silwer beiring) tussen sy bene kon vang, 'n velt krieketveld met wit lyne wat scores op gehad het en wit boundaries wat in groen hoekige tipe shit inge-click het om 'n agthoekige krieketveld te maak. Dan het jy die die hele fokken raamwerk met velcro aan die velt vasgeplak. Die bouler se hand was vas aan 'n geut tipe vibe wat die bal ge-launch het en jou batsman was 'n soortgelyke meganiese outjie wat die bal kon bliksem. Jy kon 'n vyfdag toets of 'n one-day speel en score hou met die scorecard en potlood wat jy saamgekry het in die set. Soos met enige ander games wat met potlode verpak was, het hierdie een ook nie 'n bliksemse uitvieer gehad nie. Konte!
Test Match was ure en ure en dae se vermaak, maar dit het 'n ruk geneem om by die speelgenot uit te kom: daar was altyd (soos met army mannetjies – die een met die lang geweer) een verkontlike veldwerker wat nie kon regop staan nie en jy moes die vertraagde ou altyd eers in shape buig. Hy het stadigaan deur die loop van die game ook na sy verkakte shape teruggekeer en omgepoes. Dit het fights veroorsaak tussen tjommies en hulle teams. Dit en die feit dat die stupitte groen velt-veld voue ingehad het omdat dit in die verpakking opgevou was. Thanks, Mattel. Thanks vir fokol! Die voue het gelei tot onregverdige bowling en illegal sesse en viere. 'n Oplossing vir at least een van die probleme was om drie copies van Wêreldspektrum op die velt te los om dit te "stryk". Die gevolge was dat die boks half vol teruggepak word (onder jou bed saam met jou karretjies, jou stout naai!) en dat jou basterbrak, Ore òf die boudaries òf jou bouler of kolwer opgefok het. Die enigste element waarmee die game kon aangaan, sou dit wegraak, was die fokken beiring. Enige iets ander en jy was gefok.
Game over.
Speelgoedmakers: 280/6. Jy: uit vir 'n fokken duck.
Vir ons volgende uitgawe, my liewe marabsies en kanaalbabers van die 80s, gaan ons kyk na: Barbie, Spirograph, The Masters Of The Universe, Thundercats, A-Team, BMXe, fietse en Game & Watch. In die meantime, stuur vir ons foto's van jou speelgoed wat die 80s survive het. Dis altyd interessant om te sien wie hulle goed opgefok het en wie mooi na hulle goed gekyk het en in watter beroepe hulle hulleself vandag bevind…
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.