Ek het julle so jaar of wat terug geklap met 101 TV Shows van die 80s wat jy dalk sou onthou. Vandag tackle ons toys en games van die 80s en hierdie outjie sal eventually seker uit so stuk of 10 dele bestaan. Buckle up Marty, where we're going, we don't need roads!
Fok, laat ek net gou hierdie kak wat ek praat van my mond afvee. Ons gaan in die verlede in, nie die toekoms nie…
Cabbage patch kids
Ek het nooit meisies se speelgoed lekker gekop nie. Veral nie poppe nie. Enter Cababge Patch kids – daai fokken lelike poppe met die oversized cabbage koppe. Wat was die deal met die groot koppe en die pap lyf? Om dogtertjies bang te maak vir pregnancy net nadat mamma daai "talk" gehad het met jou ouer sussie. En dan het jy by die deur staan en afluister terwyl jy in jou neus gekrap en hardop gedink het: "Ek het altyd gedog baba's kom by mamma's se boude uit…"
Die poppe was so 'n huge craze in Amerika dat ouers voor krismis by winkels vuis geslaan het om die gedroggies huis toe te vat vir sus. Dis weird dat dit in Amsterdan, New York vervaardig was. Mens sou verwag dat iemand wat so monstrocity konsepsualiseer het dik gerook sou wees in Amsterdam in Kaaskopland, but then again is hulle claim to fame lomp fokken houtskoene, hoere en kaas. Ons kan net dankbaar wees dat Suid-Afrika nie die goed herdoop het na "Koolkop Kinders" toe nie. Hulle het mos alles fokken Afrikaans toe vertaal in die 80s. Fokken alles behalwe Raboobi.
As jy 'n chick in die 80s was en jou Cabbage Patch Kid het moerderlike instinkte in jou aangewakker, moet jy vandag een fokken crazy scary ma met 'n drankprobleem wees…
Pick up sticks
Glad nie 'n nuwe game in die 80s nie, maar 'n fokken groot game in die 80s wat baie kinderure gevreet het. Hierdie game is glo deur die Native Americans ontdek toe hulle dit met strooi gespeel het. Big fucking surprise, want al wat hulle gehad het om te doen was om rond te sit, om vure te dans of pyp te rook en so nou en dan coyotes en arende te skiet om nuwe jasse en head dresses mee te maak. Wat is 'n head dress in elk geval? 'n Hoedrok?
Die game is eventually deur die wêreld versprei deur setlers wat die indiane se land kom opfok het (big fucking surpise nommer twee) en vir hulle casino's gelos het. Yay! Toe gaan een of ander doos en sit stokkies in 'n blikkie en begin dit as speelgoed te verkoop en lag al die pad bank toe. 'n Paar jaar later is die houtstokkies deur plastiek vervang wat speelgoedfabrieke nog 'n groter wins gegee het.
Ek wed jou 'n Atari game console jy het ook pick up sticks gespeel. Dit was eenvoudig: bliksem 'n klomp stokkies op 'n tafel uit en begin hulle van die hoop af verwyder sonder om 'n ander stokkie te laat beweeg, andersins was dit die volgende ou se beurt. Tien teen een jou nefie. Die bra met die meeste stokkies op die ou einde wen. Om jou losing streak te breek het jy elke nou en dan teen ouma en oupa gesteel. Hulle bewe, jy lewe.
Van die sets het 'n swart geverfde stokkie gehad wat special powers gehad het: jy kon ander stokkies daarmee move en jou oponent opfok. Amper soos hoe die ANC deesdae werk. Iemand moet 'n stokkie daarvoor steek…
Jy sal pick up sticks nog kan koop tot die aarde vergaan, want niemand het merchandising rights op 'n handvol stokkies nie en dis min of meer die stapelvoedsel van speelgoedwinkels. Dit, army mannetjies en albasters.
Windbukse
Kyk, amper elke derde laitie het at least 'n Windbuks, 'n BB gun of 'n kettie gehad. Die ou swepe was so NP, oorlog en swartgevaar befok dat 'n laitie eerder 'n wapen sou score vir sy tiende verjaarsdag as wat daar kos op die tafel gesit sou word. Fok daai R90 se groente!
Windbukse (of Daysie guns vir die rooinek-ginger buurkinders) was gebruik om duiwe te skiet as jy in die veld (waar daar nou cheap "off-plan" townhouses staan) gaan jag het. Dan het jy sommer ook vuur gemaak met pers spirits met die idee om jou jag meesterstuk te braai. Alles gevaarlike high risk, no reward moves wat jou diep in die kak sou kry as sussie jou split by ma en jy tot vyfuur moet wag vir die pakslae van jou lewe by jou pa (wat vir jou die fokken ding in die eerste plek gekoop het) as hy van die werk af terugkeer. Soms het jy saam met jou tjommies na iemand se plot toe gegaan en een van jou vriende – kom ons noem hom sommer Derick Rautenbach – het 'n bees in sy ballas geskiet. Tot jou onsteltenis sou jy dan die eienaar van genoemde bees reg agter jou hoor bulder: "Hoe sal jy voel as ek jou daarso fokken skiet jou klein bliksem?!" waarna hy julle al drie summier met een hand en een move agter die kraag optel en al vloekende die lewende kak randomly tussen julle sitvlakke versprei met 'n tak wat hy sommer daar pluk. Dis moontlik waar jy die eerste keer in jou lewe die woord "poes" ook gehoor het. Daarna sou hy almal se ouers bel. Surpise. Nog pakslae later vanaand. Come to think of it, die 80s was nogal 'n free for all sover dit pakslae aanbetref…
Windbukse is vandag fokken duur. Die enigste kans wat jy sal kry om jou kloue op een te kry is as jy reeds een besit, doodgaan en dit dan by jouself erf.
BB guns en ketties
BB guns en ketties was meer jou short distance tipe weapon of choice gewees. Hand-to-hand combat as jy wil, want jy kon dit nie met messe doen nie. Die outjies wat wel te veel met messe gespeel het, is eventually Boys Town toe gestuur. Ketties was veral gebruik om blikkies, duiwe, glas botteltjies en jou jonger boetie mee te skiet. As jy slim was, het jy petrol uit jou ma se verbleikte rooi Daihatsu Charade gesuig, in glasbotteltjies gegooi en 'n kers langsaan aangesteek en dan faktap geskiet met jou kettie. Beeg explosions! Great success! As jy dom was, het jy dit met Coke botteltjies gedoen, want jy kon 15 sent kry by die Griek of die Porra op die hoek as jy dit gaan inruil het vir deposit.
Ketties was ook die cheapste wapen wat jy kon maak. Al wat jy nodig gehad het was 'n mikstok, ma se steakmes, jou bure se laitie se BMX se binneband vir 'n rek en een van daai patches van jou pa se leerbaadjie af wat soos tabak en "werk" geruik het. Jou pa sou nie een van daai patches mis nie, want die hele fokken fake leerbaadjie het bestaan uit patches uit.
Kleilatgooi
Julle moet nou nie kleilatgooi verwar met Jurie Els en Robby Klay se moves nie. Kleilatgooi was 'n sport in eie reg onder kinders wat veral van plase, plotte of baie modderige huise af gekom het. Wilgertakke was veral gewild gewees omdat dit gewoonlik naby aan een of ander tiep van water source was soos 'n rivier, 'n spruit of 'n longdrop, wat gemaak het vir die awesomeste hoëgraad klei. Jy't 'n bolletjie klei in rekord tyd op die punt van jou wilgertak gesit en laat lees teen jou maatjie se bobeen, kuite, arms, voete of sommer potshot teen die voorkop. Dit was die 80s, my ou – almal was kaalvoet en kortbroek en as jy naby 'n rivier gepeel het, sonder 'n hemp ook. Bloukolle was aan die orde van die dag. Die stadige kinders (gewoonlik die vetties) het gesukkel met tegniek en het meerendeels uit desperaatheid en tekort aan gepaardgaande selfvertroue sy teenstaander sommer net met die stok begin gebliksem.
As jy na 'n kleilatsessie met rooi en pers hale oor jou bene en rug by die huis aangekom het, het jy tien teen een 'n vet maatjie gehad. En hy was jou beste maatjie. O ja, jy kon duiwe ook met 'n kleilat piets.
Bokdrolspoeg
Bokdrolspoeg is bietjie van 'n weird een gewees. Hoekom sou jy kak in jou mond wil sit? Die uitspoeg deel maak sin – jy het fokken kak in jou mond, jou doos! As jy iemand ken wat beweer dat hy bokdrolspoeg as kind be-oefen het en hy het van kindsbeen of tydens kindsbeen nooit 'n kindsbeen op een of ander vague variasie van 'n plaas gesit nie, praat hy loutere kak. Of dit, of hy glo vas hy het bokdrolspoeg gepleeg en eintlik maar net wagter of ouboet se kak van die gras af opgetel en uitgespoeg.
Vir bokdrolspoeg is daar nogal 'n belangrike element: 'n bok om die drolle uit te kak. Jy het dalk 'n grootbek vriend wat reken dat hy duiwe kon raakspoeg. Hy lieg vandag oor sy pielgrootte ook, so net tussen my en jou.
As jy 'n Venn-diagram sou optrek met windbukse, BB guns, ketties, kleilatgooi en bokdrol spoeg sit die duif mooi in die middel van die diagram. Die sirkel met bokdrolspoeg sit daar op sy eie in die hoek. Hy is buitekant die circle of trust.
Atari
Atari se video game console het reeds in 1977 uitgekom in die overseas maar omdat Suid-Afrika so faktap agter die tyd was, het die Atari 2600 ons eers in die 80s geslaan. Dit was bundled met twee een-button controllers en twee fokken weird controllers met knoppe wat kon draai wat jy (kom ons wees nou maar eerlik met mekaar) fokken nooit gebruik het nie. Hoekom? Want die console het ook met een cartridge gekom – Combat. En Combat het vir 'n fok nie met die stupitte knopdraai controls gewerk nie. Dit was 'n game met tanks, jets en daai dubbelvlerk vliegtuie. Maaaaande se pret. Baie Buck Rogers episodes is al per ongeluk op Saterdae gemis as gevolg van asshole Combat.
Die kans dat jou ouers vir jou extra games gekoop het was maar fokken skraal gewees, want dit was nie vollop beskikbaar nie. Nie in V-Town nie, in elk geval. Alles het mos fokken headquarters gehad in Commissioner straat in Joburg en die kanse dat jy soentoe geneem sou word om – god forbid – vir jou 'n game te gaan uitkies, was net so goed as om oorsee te gaan. In fact, Joburg en oorsee was vir jou een en dieselfde fokken konsep. Jy het 'n beter kans gehad om maatjies te maak met een of ander kont kind wat jy haat of wat jou ouers jou vernied het om mee te speel (moontlik die alewige omlope op sy gesig) net om Space Invaders te gaan speel. Gepraat van Space Invaders – Warner Brothers was die base agter Atari en het omtrent $100mil gemaak net uit daai een game uit alleen!
As jy nog een van hierdie outjies en so paar games oorhet, kan jy redelik dik zak maak. Veral as jy nog die boks het. Games verkoop deesdae vir enige iets van R120 tot R800 op die interwebs en die console, snaaks genoeg, vir minder teen omtrent R650.
Die weird ding is egter dat oor die 25 miljoen van hierdie consoles verkoop is wat vir Warner Brothers $5 biljoen in die sakkie gesit het. Kan ons asseblief 'n haleluja kry in die huis! Weet jy hoe poesbaie zak is $5 biljoen in die 80s? Geld, my boetie! Peeu-peeu-peeu!
Voglende week, my liewe kinders van die 80s, behandel ons Die Vergrootglas, Rubik's Cube, Die Poepkussing, Mecccano, Hungry Hungry Hippo's en Test Match.
Watkykjy staan op 3,118,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.