Check, dis een ding om 'n snedige, snobby judge te wees op 'n reality cooking show, maar dan moet jy (in 'n Emsie Schoeman stem) self onberispelik wees, van jou maniere tot jou voorkoms.
Ek weet nie hoe dinge in die restaurant besigheid werk nie, maar ek sou raai dat waiters en chefs in fancy restaurante as 'n basiese reël nie goed soos oogringe mag dra nie. Dis nie 'n fokken metal club nie, dis 'n restaurant, my bra. Daai dik judge, Pete Goffe-Wood, dra 'n oogring. Hy sou nie 'n job kon kry by Mister Flash Food deliveries in Brooklyn in die 90s nie. Hulle was streng. Hey, dis seker nog OK – hy deal nie met customers nie. Hy hoef net 'n doos te wees met contestants wat horrible meals bewerig aanmekaar sit. Dis sy werk om hulle emosineel af te breek voor die kamera. Check, dit maak goeie TV. Goeie local TV, at least.
Kom ons kyk na iemand soos chef Gordon Ramsey. Het julle al sy shows ge-kokkenodge? Dis "fuck" left, right en center. Dis fokken awesome. Hy vloek en skel almal faktap en dinge word gedoen as hy sy speelgoed begin rond tos. Het jy al gesien as iets in sy kombuis uit plek uit is? Jirre, pappie, hy fokken verloor dit. Dis nag. Die counters moet altyd spotless wees en mense moet skoon wees, veral hulle hande, want jy sien – mens maak kos met jou fokken hande. Persoonlike higiëne is belangrik. Dis iets wat jy van graad 1 af leer: was jou hande of jy gaan spuitkak kry. En dan 'n pakslae.
Dan kry jy iemand soos Andrew Atkinson. Die goor Masterchef judge wat sy broek tot onder sy tiete optrek. Heavy baie accolades. Groot in die koswêreld, hoor. Baie groot. long-time director van die South African Chefs Association en executive chef by die Piccolo Mondo restaurant in die Michelangelo Hotel. Reël kompetisies left, right en center. Baie belangrik.
Hierso maak hy reg om 'n happie prawns of iets te om-nom-nom:
En danksy LED TVs met fokken nice resloution gepaardgaande met die tegnologie van DSTV se PVR funksie kan ons nou mooi sien hoe hy sy happie voorberei. Jy moet bietjie jou naels skrop, ou grote. Mense sit met borde kos op hulle skote in prime time terwyl hulle kyk hoe jy huilerige contestants se kos tand…
Watkykjy staan op 3,056,588 post views in totaal sedert 1 November, 2019.