Gee my my plaas, my Hilux, so klein bietjie reën en 'n ou brandewyntjie vir die keel. Okay, dalk ook 'n ordentlike stel tiete en my hart loop sommer oor hier teen die oewer van die Oranjerivier.
Dit is geensins vreemd vir Vrystaters om oor die bogenoemde te droom nie. Vir diegene wie se pa's baie zak het gebeur dit ook en in alle eerlikhied is dit gewoonlik net die reën waarvoor hul aanhoudend bly bid.
Voor laasnaweek se game wat my Superbru so ietwat opgefok het, is gebede ook op RSG se oggend uitsending aan die Cheetahs opgedra aangesien hulle fokken goed speel, maar deur either die ref of simpel besluite die games in die doodsnikke verloor het.
Vir eens is ek nie pissed-off dat ek dit verkeerd gecall het nie, want donner daai brasse het verdien om die Hurricanes 'n pun-intended mielie te rol. Coenie Oosthuizen, take a bow my bra! As jy nie vanjaar die starting loskop vir die Bokke is nie bekak ek myself. Ek sweer. Ou Div het jou lekker rondgefok, maar as Haaineke dieselfde move traai sal ons sorg dat daar twee ton slap kak op sy yard gestrooi word.
Geluk ook aan die Stormers wat net-net genoeg petrol oor gehad het om die Bulls oor hul rokke te laat trip. Net een vraag – daai laaste strafskop wat die game vir die Bulls gekos het was "vir pulling out of the contest". Is dit dieselfde as die mees effektiewe contraceptive? Of is dit net die gayste manier om 'n game rugby te verloor? Imagine: Strafskop teen jou want jy trek uit. Fokkit.
Congrats ook aan die Sharks. Dit het 'n rukkie gevat, maar finally het Vrystaat B ook die regte kombinasies begin kies. Ek sal nogsteeds die doos wil ontmoet wat daai Fransman op scrummie laat start het. So gepraat van 'n Fransman – dankie fokken tog Frans Steyn kom terug! Hoewel dit 'n jammerte is dat hy seker Sharks toe gaan, gaan dit steeds lekker wees om hom hier in die muiz te hê – kan dalk net so paar manne eerlik hou.
Right. Kom ons gaan check hoe die week se games gewen gaan word.
Game 1
Dit begin sommer Donderdag met 'n pretty useless game tussen die Rebels en Blues. Fok, die Rebels pis my af – ek hoop hulle verloor met 30. Maar kom ons gaan vir 20 om safe te wees.
Game2
Sorry Sharks, maar die Cheetahs het laasweek seker gemaak die Hurricanes sal die week wakker wees. Ek twyfel sterk dat hulle twee weke in 'n ry op hul moer gaan kry, hoewel dit nogals befok gaan wees om te sien hoe Craig Burden met 'n nommer twee trui op se rug operate. Die arme bra hover al lank in John Smit en Bizzy se shadows en is actually doos goed. For safety sake en omdat ek hierdie land van crime befok like gaan ek die Sharks back om met twee te wen.
Game 3
Nie die makliste pick van die week nie. Die Reds is fokken nêrens en die Brumbies is loshande die mees overrated span in die kompetisie. Sien elke week my gat, maar gaan bly by die Reds in ons skaapskeer derby vir die naweek. Gee hulle so vyf vir 'n wen.
Game 4
Impressed met die Force en hulle forwards. Ou Sharpy is toe nie so stomp nie en hulle jol lekker. But, en dis 'n moerse but. Groter as jou ma se butt – die Chiefs is op 'n roll en daai Sonnybil boxer klong maak groot kak. Hier is 'n slagting nie 'n bad roep nie. Chiefs met so nege scheme ek is 'n piele bet.
Game 5
Holly shit, hierdie gaan een mean fokken storie wees! Die Stormers lyk of hulle 'n jong in-form Mohamed Ali met 'n plathand kan floor. Maar die manne het nounet een moerse lang trip na die hol kant van die wêreld gedoen en kan dalk so bietjie misfire in die begin. Die Highlanders is 'n hectic span en selfs meer intimidating as hulle in hul backyard jol. Daai dudes kan moontlik afstamelinge van Vikings wees of het dalk, soos meeste eerlike Suid Afrikaners, oor die jare so bietjie ethnic bloed in hul are gekry. Hier scheme ek is waar die unbeaten run stop. Highlanders om die pyp met so vyf punte te rook. Sorry Stormers.
Game 6
Fokkit, Cheetahs! Deep down hoop ek julle maak soos julle altyd maak en disappoint vir 'n slag weer julle supporters. Maar net soos ek die kak kwyt raak check ek Naka het 'n brainwave gekry en Ashley Johnson en Piet van Zyl gaan start. Fokkit Cheetahs, julle speel die awesomeste rugby, moet asseblief nie nou gaan staan en klein koppie kry nie! Daar is (saam met hierdie game) nog 10 games oor in Bloem en imagine hoe befok sal dit wees as julle 7, selfs 8 van hulle wen. Dis play-off shit daai, en dit sal 'n moerse kopseer vir SA Rugby gee as dit by die besluit kom oor wie moet fokkof vir die Super Kings. Die logiese besluit is die Cheetahs hier, so kom ons back hulle met so drie teen die Lions wat altyd there and there about is.
Game 7
Niks maak 'n Blou Bulls so gevaarlik of still soos 'n bitch slap op Nuweland nie. Gooi daai pink outfits by in en die manne het rede om hul manhood te confirm teen die Crusaders. Die Crusaders het nog nooit 'n game op Beloftes gewen nie, en ek scheme ook nie na laasweek se gesukkel teen die welpies gaan hulle die een af pull nie. Die Bulls is egter vir some rede meer onvoorspelbaar as die Cheetahs. Een week lyk hulle soos steriod junkies en die volgende week sal 'n klomp stoners hulle gatte skop. Bulls met 13 is my pick.
Watkykjy staan op 3,047,934 post views in totaal sedert 1 November, 2019.