Die beste Afreakaanse blog in die heelal gooi 'n vet fokken jol by Zeplins in Tjoerras in die middel van die jaar. Ons noem dit sommer die Pre-Apocalyptic Year-End function, want die aarde gaan blykbaar teen die einde van 2012 vir die derde keer vergaan en ons wil nie uitmis op 'n moerse party nie, en ons wil ook nie dat julle op so iets epic uitmis nie.
Nog so paar redes:
1) Watkykjy word in Junie 12 jaar oud en ons is nou klaar met laerskool vibes. Kom join ons voor ons grootskool toe gestuur word.
2) Ons het onlangs die 10 miljoen merk vir unique waterkoppies geklap (alhoewel hierdie spesifieke score eers van 2008 af begin tel is)
3) Ons het fokken lanklaas 'n dik party gegooi
4) Ons is lief vir Zeplins (al vroeg van kindsbeen af)
5) Ons het Feed The Wolf ge-book
6) Ons het The Wedding DJs ge-book
7) Ons het dik fokken sound en ligte ge-organise
8) Ons het Die Antwoord ge-book
9) Hoekom de fok nie?
Die kaartjies is beskikbaar op Ticketbreak, so click hier om te gaan koop – daar is limited hoeveelhede en hier is hoe dit gaan werk:
- Daar is 'n limited hoeveelhede "early bird" tickets beskikbaar teen R70 elk en daar is 'n limited hoeveelheid VIP tickets beskikbaar teen R200 elk. Sodra daai outjies uitverkoop is, is die res van die tickets R100 elk.
- Wat jy kry vir jou VIP kaartjie: jy kan chill in die VIP section waar Braaiboy vir jou gaan braai, daar sal befokte snack platters wees, jy kry free shooters en so paar free drinks, 'n free copy van die nuwe Rolling Stone magazine en 'n free t-shirt. As ons nog shit vir jou kan organise tussen nou en dan, sal ons.
- Vir die general admission outjies sal daar boerie rolls te koop wees vir basically next to fokol in die outdoor section. Ons gaan probeer skiet vir kosprys vibes.
- Daar sal ook orals buite nice bonfires wees om julle warm en snoesig te hou en daar sal omtrent 4 of 5 bars wees sodat julle nie hoef te queue nie. Die fok weet, mens haat dit om te queue vir drank.
- Deur die loop van die aand sal daar 'n hele klomp give-aways wees in die vorm van CDs, posters, dop en shirts.
Julle entertainment vir die aand: (join die Facebook event sodat jy remind kan word van die party: https://www.facebook.com/events/292875464125838/)
Ons skop af met Feed The Wolf – 'n 5 piece rock 'n roll band van Snor City af.
Daarna het ons vir julle Die Antwoord gekry. Hulle jol hierdie gig voor hulle weer na die overseas toe fokof en hulle jol die aand ook vir die eerste keer 'n splinternuwe track live wat hulle sopas record het. Dis fokken mal, trust ons.
Sodra Yo-Landi en Ninja klaarmaak sal die Wedding DJs die stage betree en julle ore en dansvoete looi met kief tunes tot fokken laat of tot hulle op die stage uitpass. Die Antwoord mag dalk 'n track of twee saam met hulle doen, you never know.
Die deure maak so 17:00 se kant oop en die bands begin enige tyd van 20:00 se kant af. Ons sal julle weer so paar keer kom herinner en met nog info klap as ons het, maar vir nou stel ons voor dat jy vir jouself kaartjies kry voordat dit uitverkoop.
Watkykjy staan op 3,084,152 post views in totaal sedert 1 November, 2019.