Dear Diary,
Soos jy al weet, Diary like ek dop nogals kwaai. Helfde van my entries hier tussen jou blaaie in is fuel injected penetration – pun intended. Soos jy ook weet is ek ‘n vet fan van Ram Jam hier ini Kuip. As jy al vergeet het wat RamJam is, wel dis hedonisme van die hoogste graad. Dis die ouens van die Wedding Dj’s se classic rock outfit. Daar was nou weer onlangs een en soos oudergewoonte was ek weer daar. Die keer was ek ook weer voor in die koor, bo-op die tafels en toe uiteindelik uitgeskop. FOKKON bouncers! Ek wil graag eendag ‘n bouncer bounce. Anyway. Ek gan nou nie vertel hoe kwaai lekker dit was nie, so hier’s ‘n klein 23 second photo montage oor die laaste RamJam. Geniet hom…
Verder, Diary raak dit nou winter aka reën heeldag, die wind pomp en almal is miserable asaf hulle babakatjie dood is op Kersdag vibes hier in die Kaap. Wel amper. Dis nogals tos want nou trek al die chicks meer klere aan en jy kan nie meer hulle heuwels en kurwes uit scope nie. Jy staan ook al hoe meer in die donker op en kom tuis in die aand na werk as dit al amper donker is. Verby is dae van long walks on the beach terwyl jy die sunset kyk en jou cherry styf om die lyf knyp. Anyway, fok somer, ek hou van die winter. Kaalgat voor die kaggel gesuip word en dan met vuur in die huis speel. Ja, dis ek daai, I kid you not.
Wel met die winter wat kom, is daar darem nog ‘n paar lekker parties soos die een die komende naweek. Converse Let’s take it outside is juis so opskop. Die manne van Converse tekkies gooi ‘n jol hier in Kuip town en spot 3500 free kaartjies. Gaan op ticketbreak.co.za om joune te claim. Hulle doen dit want hulle weet almal in die Kaap is poese en haat die buitelewe en niemand sal na hulle party toe kom as dit nie verniet is nie. Maar Converse gooi stywe jols. Wie onthou die Converse Block Party? Befok!
Mens kan seker nie veel sê oor die line up nie aangesien die party verniet is. Daar is darem ‘n paar piele acts soos Desmond and the Tutu’s, Holiday Murray, Maoriginal vs. Toby2Shoes, Hyphen vs. SFR, White Nite en ‘n klomp ander. So dit sal beslis die moeite werd wees om uit te stiek as jy ‘n Kuipie is.
So Diary sien jou na die naweek as ons klaaar geduik en geploeg het en ek weer al die kak hier tussen jou blaai kom uitstort.
Hiers twee vids as julle wil kyk vir wat voorlê:
Mag die jirre die kak uit almal seën.
PoeskleinRuantjie, straight uirie Kuip.
Watkykjy staan op 3,090,605 post views in totaal sedert 1 November, 2019.