Ons leer nog steeds nie ons lesse nie. RAMfest het ons gebreek, so alles gebeur al weer laat op hierdie blou bliksemse Maandag. Ons sal die video's en foto's hier kom gooi sodra dit uitgesort is, maar vir eers – hier is jou nuus round-up van verlede week…
Jap maak kak in Italiaanse kar
'n Vyftigjarige dokter in Japan is gevang nadat hy 'n video op YouTube gelaai het waarin hy drie keer vinniger as die spoedgrens gery het en daaroor gebrag het. Voor jy jou piel uitruk en excited raak – spoedgrense in Japan is… not beeg. Die spesifieke stuk pad wat hierdie bra op gaan "jaag" het, het 'n limit van 40km/h en die omie het hom 124km/h geklap in sy Ferarri 458 Italia. Hy sal tien teen een 'n fine van R9000 moet betaal. Die town waar hy die moerse oortreding gepleeg het se naam is "Fukuoka". As hy nou regtig wou kak maak sou hy in sy Japanese aksent "Fuck you, OK!" By die venster uitgeskree het vir sy mede-padgebruikers en zaps gegooi het. – Wheels24
Suid-Afrikaanse baba maak kak in Britse kar
Suid-Afrika se babagesig DJ en Idols judge, Gareth Cliff is teen 182km/h gevang (News24 kan nie besluit of dit 182 of 183 is nie) in sy Range Rover oppad Tjoerras toe (Centurion, vir die oningeligdes). Hy was oppad terug van een of ander Idols event in KZN af toe die koeltekonte hom op die R21 geskraap het. Om dinge nog meer blaaint te maak vir die ou, was eTV besig om 'n program te skiet oor spoed. So hulle het die bra sommer vanuit die cop kar afgeneem met hulle TV kamera's terwyl die polisie hom afgetrek het en hom met die boek gegooi het. Hy is nie juis in die selle aanghou nie en is vrygelaat omdat daar nie 'n ekstra sel was vir die chip op sy skouer nie. Hy het moontlik net die chip op sy skouer in sy kar se bagasiebak gesit en stert tussen die bene huistoe gery.
Dit is onduidelik hoekom Cliff al die pad van KZN af met sy kar moes ry. Miksien het SA Idols nie genoeg zak in hulle budget om hulle judges op 1Time flights te sit nie. Of miskien was hulle tickets deur Velvet Sky gebook wat smaak my nou bankrot is… – Channel24
Fok die kamera, red my dop!
As daar 'n Watkykjy prys vir dapperheid was, sou dit gaan aan Heinrich Scholtz van Snortoria. Die ou en sy goose het op 'n strand naby Bosmosselbaai arty farty foto's gaan neem van kakduur whiskey wat hulle in Skotland in 2011 gekoop het. 'n Wave het ingekom en die bra het 'n splitsekonde gehad om te kies of hy die kamera of die dop wou red. Die obvisous keuse was die dop, 'n bottel 1977 Glenlivet wat amper R2000 werd is. Knap gedaan! Give that man a Glenlivet! – IOL
Tyd om die groot piel te ry
Terug by Japan en hulle streke… Die jaarlikse Hodare festival het afgeskop in Niigata waar veral pasgetroude vrouens op 'n 2.2m lange houtpiel ry. Die 600kg monstermissiel word deur mans gedra tydens hierdie piele event en daar word geglo dat dit goeie geluk vir jou huwelik bring wanneer jy daaraan raak. Tydens hierdie event word daar ook piel en poeskoekies verkoop. Nou moet hulle nog net die Volare tune verander na Hodare en almal moet met hulle slingers uit dans. Hodare beteken blykbaar zaber.- Kotaku
Los Angeles se porn studs moet nou met effies naai
Omtrent 90% van Amerika se porn flieks word in Los Angeles geskiet en 'n nuwe law is nou gepass vir porn actors – hulle moet nou saadsakkies oor hulle trille trek voordat hulle mekaar se gwappe en holle betree.
Hulle weet nog nie hoe hulle hierdie law gaan enforce nie, maar dink net hoe nice die jobmarket nou gaan expand. Health officials sal nou op set moet wees om te kyk dat die nuwe wette nageKom moet word. Imagine dit… Die ou skop die deur af: "Ek is sersant Manbotter van die Pielpolisie. Jong man, trek dadelik 'n effie oor daai vleispyp van jou voor jy daardie jong dame se genotgrot betree!"binnegaan
Dis 'n step in die regte direction wat sal help om siektes soos AIDS te fight. Ongelukkig sal dit haas onmoontlik wees om so iets in Suid-Afrika te implimenteer. Meeste van ons porn word deur die SAP en dronk skoolkinders vervaardig… – IOL
Watkykjy staan op 3,048,176 post views in totaal sedert 1 November, 2019.