Ons het ‘n hele vuis vol kaartjies na verskillende events toe om weg te gee, so ons looi sommer alles vandag in een kalenderpes inskrywing. Jy moet nou mooi kophou, maar ons sal jou help.
Hier is wat in die volgende twee weke gebeur (jy kan kaartjies na elkeen van hierdie events toe wen):
Centurion
Hierdie Woensdag, 14 Maart is Melt Sieberhagen se one-man show, 100% Volroom Melt by die Centurion Teater om 20:00 (ons gee twee double tickets weg)
Kaapstad
Hierdie Vrydag, 16 Maart jol aKing, Just Jinger en Louise Day by Trinity in Kaapstad om 20:00 (ons gee een set double tickets weg)
Die soortvan Joburg omgewing
Tarlton International Raceway hou die SA National Drag Racing Championship op Woensdag, 21 Maart (vakansiedag, wat ‘n voldag event beteken en ons gee 3 double tickets weg)
Pretoria
Volgende Sondag, 25 Maart gooi Park Acoustics weer ‘n groot event met ‘n hele paar live bands by die Voortrekker Monument (ons gee 2 double tickets weg)
Hier is wat jy moet doen om te wen en dis fokken maklik:
Neem ‘n foto van die mooiste of zefste kledingstuk wat jy besit. Die kledingstuk waarop jy die heel trotsste is. Dit kan jou belt, jou tekkies, jou onderbroek, jou wolmussie of daai kouse met die tone wees. Mail dit na griffin@watkykjy.co.za en tune ons na watter event toe jy kaartjies sal wil score. Hoe gouer, hoe beter. Ons sal die wenners se entry foto’s op Watkykjy drop sodra ons submissions vir al die events het. First kam, first surf.
Die details vir al die events:
100% Volroom Melt. Centurion Teater. Woensdag 14 Maart 2012, 20:00.
Die debuut eenmanvertoning van Ventersdorp se vreemdste uitvoerproduk. Ooit. Hierdie vertoning word geklassifiseer as ‘n stand-up komedie aanbieding. Alhoewel die kunstenaar betrokke by hierdie spesifieke aanbieding ook te sien en te hoor is in ander aanbiedinge is hierdie aanbieding bloot ‘n aanbieding van persoonlike ervarings, humoristiese opmerkings, kwinkslae en sommige flou grappies wat jy eers in die kar gaan vang, net voor jy by die huis kom. Alle opinies in die aanbieding is die van die aanbieder self en reflekteer nie die opinies van enige
ander aanbiedings waarby die aanbieder in die aanbieding daarvan betrokke is nie.
– Book by Computicket
aKing, Just Jinger en Louise Day, Vrydag 16 Maart, 20:00 by Trinity in Kaapstad.
Venue: Trinity Club, 15 Bennett Straat, Kaapstad
Tickets: R130 Presold by www.webtickets.co.za – R150 by die deur, R250 VIP
Meer oor Louise Day: 2010 saw the start of pre-production work on the second album which was planned to showcase the more rock-orientated, edgier sound that had developed naturally over the last year of intensive creative exploration, with one of the SA’s top producers, Theo Crous, coming on board to add to the magic. These developments got the attention of some of the top major record labels in the industry and the band signed with Sheer Music in 2010. The bands second debut album “Swallowed by the City” was released in October 2010 and received a SAMA (South African Music Awards) nomination for best Pop Album.
Suid-Afrika se National Drag Racing Championships, Woensdag, 21 Maart. Tarlton International Raceway, Krugersdorp.
Dit is round 1 van die 2012 National series. Wat die event special gaan maak is dat hulle ‘n bra van Swede het wat n “Top Fuel Funny Car” ge-import het. Hierdie ou wil die SA rekord kom breek. Die kar hardloop op 97% Nitromethane en maak so 6000 perde oop op die tekkies. In Europa het die monster ‘n fokken wilde 4.81 seconds op die quartermile gedoen en behoort 5.4 to 5.6 hier in SA te kan gooi. As dit nie vir die lugdrul was nie, sou hy dit miskien vinniger kan doen.
Die huidige rekord staan nou op n 5.677 sekondes teen 414km/h en behoort aan Nico van Rensburg wat die rekord in 1998 opgestel het. Dis effens vinniger as Gareth Cliff wat al die pad van KZN sy spoed moes opbou om 182km/h in Tjoeras te bereik.
Park Acoustics, 25 Maart, 11:30, Fort Schanskop (Voortrekker Monument), Pretroria
Mr. Cat & the Jackal, Fulka, Float Parade en 3rd World Spectator jol by die Voortrekker Monument. R55 online by TicketBreak en R65 by die hek. Hekke maak 11:00 oop en die bands begin 13:00 jol. Mr. Cat & the Jackal, Fulka, Float Parade en 3rd World Spectator jol by die Voortrekker Monument. R55 online by TicketBreak en R65 by die hek. Hekke maak 11:00 oop en die bands begin 12:00 jol. Jy kan oudergewoonte jou cooler box, jou kinders en jou ouma saamneem. Moenie jou picnic basket vergeet nie. Jy kan nie stadig geswaai raak op ‘n lee maag nie.
Jy sal voor Carte Blanche oppie TV is by die huis wees. (as jy nie by die afterparty op die deck vashaak nie)
Ons gaan na elkeen van hierdie jols toe gaan en sien veral uit na die drag racing op Human Rights day. Het julle enige idee watse tipe van zef kak daar gaan uitbroei? Ons sal die kamera’s saamvat…
Check julle by die parties!
Watkykjy staan op 3,118,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.