As RAMfest in Joburg verlede jaar fokken lekker was, het die 2012 event homself oortref. Meer as 8000 mense het by Riversands net buitekant Fourways saamgekom om die kakwarm weer (en op ‘n stadium ‘n donderstorm) te trotseer met bier en goeie vibes. Ons gaan nie vir jou ‘n blow-by-blow account gee van wat gebeur het nie, maar wat jy wel kan weet, is dat daar nie juis ‘n band was wat disappoint het. Obviously sou iemand soos Shadowclub beter in ‘n later slot kon inpas, maar ongelukkig moet daar entertainment vroegmiddag ook wees. Die punters kan nie vir merkaar staan en staar en vir die aand se party wag nie.
Al die bands het moerse energetic performances gegee, vanaf local rockers, Fokofpolisiekar reg deur tot by Infected Mushroom. Die organisers het regitg een moerse tight event bymekaargesit.
O ja, hier is vir jou ‘n tip: as jy na international acts gaan kyk wat jy nog nie voorheen gehoor of gesien het nie, moenie jouself voor die tyd voorberei met YouTube clips nie. Dis gewoonlik nie ‘n slegte idee nie, maar suprise jouself so elke nou en dan..
Hier is vir jou ‘n video en so paar foto’s om jou ‘n idee te gee van wat ons gesien (en afgeneem het) voordat ons heeltemal te gespat geraak het om ons eie name te kon onthou. Ons het oor die 700 foto’s geneem en so klein selection daarvan gekies.
Watkykjy staan op 79,802 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Comments
Dit was net die BESTE FOKKEN DAG VAN MY LEWE!!!
fuckin A!
DIT WAS FOKKEN LEGEND GEWEES!!!wens hulle hou elke naweek n ramfest
Is daar rerig geen ander bassists as daai poeskop Wynand Myburgh nie?
dit suck soo bad eke moes vkn werk en dit was m bday total sadness!!!!!!!