WiePie se Oom Tobie Titus en sy trawalies het finally besluit dat dit dalk nie so kak idee gaan wees om in daai moerse dome in Groenpunt rugby te jol nie. Dit nadat hulle vroeër vanjaar blind getrek het en John Smit se manne, 'n tos klomp geld en 'n paar Fransmanne 'n pit gedruk het. So skrik die die manne ook maar heavy laat wakker daar op die voet van Tafelberg waar trophies so skaars is soos straight mans.
Anyway, kom ons gaan check bietjie die naweek se games en wat om te verwag terwyl ons nou in die Kaap is…
Die Stormers het vir hulle 'n meneer van 'n game gereël teen die Blues wat laasweek die Bulls, en 90% van ons se SuperBru picks, opgefok het. Doen hulle dit weer gaan 'n plastic bottel wat deur 'n krimpie gegooi word die minste van hulle worries wees maar dan weet ons ook die locals like van All Blacks support daar op Nuweland en 'n home game is mossie 'n home game as hulle nie voor die tyd die streeptruie se ma's beledig nie. Op die veld gaan dit hectic raak, maar tog is daar weer daai early season spark in die Stormers span wat elke supporter oortuig dat HIERDIE jaar actually ons beurt gaan wees om 'n beker vas te hou. Terloops "conference winners" tel vir fokkol my bra.
Ballas op die muur, Stormers met so 4.
Ons ander local game het die potensiaal om in n sirkus uit te draai, maar tog het die Sharks die lig gesien en daai Franse freak is nie meer hul scrummie nie. McLeod begin en visvang spesialis Willem Alberts behoort ook bietjie stoom op te tel nadat hy laasweek soos 'n kleuter gesukkel het om die bal te vang. Die Reds sal moet gat skoonmaak nadat hulle laasweek amper teen die Rebels verloor het. Wat my pla van die spul is dat hulle actually 'n coach het wat uitmaak van die game. Hys die enigste bra, wat ek van weet, wat actually langs die veld staan en check wat aangaan. Hierdie pick kan dalk die verskil beteken tussen diktril-rondloop-oor-jou-geel-kepsie of sulk oor jou tjomma nog 60 plekke op is in Watkykjy se awesome pool. Goeie nuus – Jannie en sy pomp salesman yster van 'n broer gaan weer langs mekaar sak en dis altyd 'n goeie ding. Miskien click die Sharks die week so kom ons gee hulle die benefit of the doubt om te wen met so drie.
Onse ander game involve die Cheetahs wat heel duidelik nie hulle fokken minds kan opmaak nie. Dan is Ashley op die bench, dan begin hy, dan bly Naka vir Tewis kies. WTF! Dalk die rede hoekom die manne in Bloem Super Rugby games terug moet onthou toe hulle laas iets gewen het? Hulle het laasweek my naweek op 'n low laat begin deur – danksy die dodgy ref – die eerste span te word om teen die Auzzies te verloor en die sad nuus is dat hulle ook nie die week sonder 'n skaapwolklos in die bêk gaan huistoe kom nie. Andries Strauss is nouwel terug na hy kak aangejaag het, maar lets face it, daai O'Connor donner wat die Bokke uit die World Cup geskop het behoort sirkels om hom te hardloop. Sorry Cheetahs maar hier gaan ek sommer bos en gee die Rebels 12 punte.
Die Chiefs sal, mark my words, SAL die Brumbies se skylie winning streak tot 'n einde bring.
Sunnytril Williams se manne om Snake met se 9 punte te off load.
Ja, die Hurricanes was op die bol en hulle het 'n paar lekker games agter hulle, maar gaan sukkel teen die Highlanders en behoort expose te word vir die onervare span wat hulle is. Daai dudes van Dunedin munch 3kg steaks voor elke training session en hoewel dit close kan wees, het hulle net eenvoudig meer skietgoed.
Highlanders om 'n ding met so 12 punte te chop – because they're that good.
As jy die game kyk, laaik jy Crocodile Dundee en sal jy waarskynlik jou kind Bruce doop. Maak jou pick en gaan drink iets. Die Force het nog nie gewen nie en is maar bra kak. Daarenteen het die Waratahs 'n beter week gehad so gee hulle maar so 8 vir n wen…
Watkykjy staan op 3,092,664 post views in totaal sedert 1 November, 2019.