Hos!
Let's cut to the chase. Jou kaptein is dik babbelas en die keybord se letters spring rond.
Saterdag is dit soortvan n repeat van laasjaar se Currie Cup final en vir die van ons wat nie bybels verbrand by RAMfest in Joburg nie behoort daar genoeg bloed op die TV wees.
Dit bring ons by my eerste prediction.
Die Sharks behoort die Lions met so ses punte te skroef aangesien dit hulle eerste game tuis is en hulle nog fokkol gewen het nie.
Willem Alberts is terug die week, ja ek't die gun gejump in my vorige session, but such is life.
In die weirdste move deur die Lions se bleskop coach het hy besluit om Butch te promote tot die starting line-up nadat hy laasweek die penalty afgestaan het wat sy span die game gekos het. Let's face is, Butch is nie meer 'n laaitie nie en is altyd 'n flight risk met daai WWE clothesline kak wat hy uit pluk.
Dan is die Lions ook behoorlik in hul moer in nadat twee loskopstutte teen die Hurricanes beseer is. Dis grootskaalse fokkop, so as jy van some body builder bra op die Wes-Rand weet wat 'n shot kan gooi en dalk 'n bal kan vat so nou en dan, stuur vir my sy nommer!.
Gelukkig vir die Lions speel daai Fransman nog scrummie en McLeod is oppi bench, so die slagting behoort nie te hectic te wees nie.
Op Beloftes behoort dit business as usual vir die horing-tribe te wees, so hier scheme ek dit kan dalk wys wees om die Bulle met so 12 punte te back.
Die rede hiervoor is eenvoudig. Die Blues is lam (soos hul coach Pat Lam) na daai monster vlug van die gatkant van die wêreld af en gaan sukkel om vir 80 minute die Blou Masjien te stop.
Okay so hulle het vir Ma'a a Nonu terug in die span, en Piri Weepu, Rene Ranger en Kevin Mealamu en selfs Rudi Wolf is mean manne, maar het daai dudes al ooit op Big Vic se grasperk 'n drol geruk? Twyfel sterk.
Piri Weepu is mos daai bendeleier as die All Blacks die Haka doen, maar ons almal weet as dit nie vir Bryce Lawrence was nie sou Skalla en Bakkies hom 'n valid rede gegee het om soos 'n maer vark te laat skree.
In die Ozzy game kan jy maar groot gaan en so 17 punte vir die Reds gee in hul game teen die useless Rebels. Fok weet wat daai skaapstekers in die toernooi doen.
Ek't laasweet die Higlanders se wen teen die Crusaders gecall, en tensy die Waratahs 'n blinder speel, behoort hulle ook so paar shots te vat. Die een is bietjie moeiliker om te call en behoort close te wees. Al wat my hier pla is hoe seer Duncan McLeod se span is na laasweek se gebliksem. Back maar die home team – Higlanders met so vier.
Een van rugby se grootste mysteries is hoe op des aarde Naka nog 'n job het. Jy moet insane wees om oupa Tewis voor Piet van Zyl te kies. En daar moet ook buttons in sy zol wees as jy vir Ahley Johnson op die bench teen die Bulls begin. Die week is dit Jake White se Brumbies, maar Jake die Snake scheme mos nou hys meer Super as Super Rugby en gaan dalk Engeland coach. Die week is Ash in die beginspan maar Tewis hang nogsteeds bal. Die befokste aspek van die span is egter die terugkeer van Coenie Oosthuizen. As hy so lekker jol soos wat hy in Bloem se bars bliksem kan die Cheetahs Snake in sy moer stuur en 'n eerste wen secure. Terloops, as jy die een wil kyk is daar nie tyd vir rondfok in die melkstal nie. 6:35 start en Darren Scott is die presenter.
Lojale besluit, maar Cheetahs met vyf. Thanks vir die World Cup Jake, maar Div sou ook die job kon doen as iemand anders van die Aussies en Kiwi's ontslae geraak het.
Die moeilikste pick van die week is die Western Force teen die Hurricanes. My linker bal juk so bietjie, so kom ons gaan vir die Force met so ses.
Wanneer laas het die Crusaders twee in n ry verloor? Donner die Chiefs het verras die jaar, maar kom ons back die Super Rugby specialists wat dringend sal wil opmaak vir laasweek se PK. Crusaders met dlie.
Ek gaan begin tweet deur die games. Volg my en bat my kak as jy kan @tune_jou_once
Watkykjy staan op 3,083,277 post views in totaal sedert 1 November, 2019.