Dis Donderdag, en donner ek nip al weer oor die naweek se games.
Dit laat my amper meer worry as die sogenaamde begrafplaas wat buitesenter besig is om te word. Ek meen seriously. Kyk, dit was nog cool toe Stefan Terror (Terblanche) daar vir die Sharks geoperate het, maar om Bryan Habana, JP Pietersen en Wynand Olivier op dieselde fokken naweek met 'n 13 trui te sien jol is een te veel.
My laaitie scheme dis nou 'n posisie vir out toppies, en hy het 'n punt beet.
Onder al hierdie nuwe regulations is binnesenter in elk geval nie die suicide seat wat dit veronderstel is om te wees nie – niemand wil meer in 'n losgemaal in bliksem nie, dis mos waar penalties vir die geringste poep uitgedeel word.
En om van vleuel of nader aan die game te skuif beteken een van twee goed: Jy het eweskielik kak stadig geword of jou span (sorry Sharks) het die vermoë om 'n agterlyn speler se toekoms op te fok. Frans Steyn en Ruan Pienaar moes mos oorsee gan jol nadat hulle weekliks van posisie moes verander. Baardman se vice captain, Doppies, was ook mos altyd binnesenter/derde flank – het hy ook sagter geword?
So gepraat van die klos hare wat aanleenlik geskeer word as sy span bekers wen, is dit die Lions wat vir Vrydagaand se braai verandwoordelik is? Dit beteken die party is in Joburg met sy legandary Metro Cops. Na jarre se geworry is dit die week maklik om 'n Lions wen te voorspel aangesien die Stormers laasweek die Hurricans goed gebliksem het. Ek kan nie wag om daai nuwe slot Johan Greef te check nie. Hy's glo so mean soos Bakkies en so slim soos Victor.
Saterdag kan as 'n nasionale braaidag in Bloem (waar hoender so paar jaar terug officially as a 'n groentesoort verklaar is) beskou word. Biltong, Bjorn Basson en Johannnnnn say it with me – Goosen – gaan 'n man darem lekker opwarm voor die suipsessie in Barabas. Mystic behoort ook te pomp, maar kom ons kyk gou eers na die game voor ons op die skêr-jagtery fokus:
Die Cheetahs lei aan depressie na laasweek se verloor teen die Lions en MOET die een wen voor hulle oorsee gaan sukkel. Al kak is dat die Cheetahs nog nie 'n game teen die brasse van V-Town gewen het nie – wel at least nie vandat hulle daai Cats kombinasie n 'pit gedruk het nie. So bang as wat die Bulle vir Goosen is behoort die voories te oorheers. In hierdie game gaan dit befok wees om te sien hoe hardloop Chiliboy en Atter (Adriaan Strauss) in mekaar vas. Chili het juis laas naweek Bismark se gat geskop en lek sonder twyfel sy Suid-Sotho lippe af om sy ander rival vir die Bok te laat gras vreet.
Dit bring ons by die Stormers se tweede sege vir die seisoen:
Die Sharks het nouwel so paar ysters, en Willem Alberts, een ma-se yster terug gekry, maar gaan vir nog BAIE lank sukkel met daai Franse flyhalf op 9. Die Stormers skakelpaar is awesome en sonder die Beast gaan die Sharks voorry elk 'n extra eier moet groei om die mas op te kom. Agter is die skietgoed redelik even op die oog af so dit sal op slot wees waar Andries Bekker dalk grootskaals kak kan veroorsaak…
En ja ladies, alles van die twee meter reus groei in preporsie so moenie huil as die Sharks hulleself dalk in 'n stywe riem of twee vasloop nie…
Watkykjy staan op 3,124,254 post views in totaal sedert 1 November, 2019.