En die wenners is…

In Aankondigings deur griffin

Baie geluk aan die Watkykertjies wat tickets gewen het na die various events toe. Dit was ‘n lekker vinnige kompetisie gewees. Die wenners se foto’s is hieronder.

Ons het nog een set double tickets oor na 100% Volroom Melt wat vanaand in Centrurion wys en daar is nog een set double tickets oor vir daai zef drag racing by Tarlton. Jy beter spring as jy soek. Ons sal die wenners hier kom bylas.

Park acoustics wenners:

asb asb asb maak my maand beter!!!physio, veearts, hospitaal!ek is flat broke!hierdie is my gunstelling broek in die hele wereld want ek het hulle gekry op die grootse jol van my lewe in mozambique toe!ek dra hulle oorals!so comfy!

ek wil graag na die park acoustics jol toe gaan maar al die events lyk awesome! so enige iets in gauteng sal baie lekka wees!veral as ek a soutie is 🙂

groete
Kylie

mozam

More Griff

Ek wil Park Acoustics toe gaan, asseblieeeeeeeffff!

Hierdie is my fav/mooiste plakkies, maar ook my zefste, kyk net hoe stukkend is hul al!
Marelize

plakkies

Wenner vir die aKing, Just Jinger en Louise Day gig in die Kaap:

Hi Griffin

My kledingstuk waarop ek die trotste is, is natuurlik my sexy swart bra aangesien dit altyd sonder enige twyfel free drinks vir my score by enige club of kuier joint. Indien die bra sy duty doen en hier vir my kaartjies kan score, sal ek graag kaartjies na die Kaapstad event wil score.

vrede,
Riana

borsies

Wenner vir 100% Volroom Melt stand-up gig in Centurion

Ahoy bra

Hier is ‘n kiekie van my in ‘n Faanpark met my pragtige halwe handskoene en gehekelde mussie.  Sal moer graag vir Melt wil gaan check.
Abjater

Die Rebellie

Wenners vir die zef drag race en vinnige karre jol by Tarlton:

Yes Griff,

My gunsteling kledingstuk is verseker my shocking geel neon kopband, soos jy op die foto kan sien. Ek is die lekker ou met die snor aan die regterkant en sal dit love om my snor en sweatband op Tarlton te gaan afshow!

Sharp bru.

Vriendelike groente,
Big Joe

big joe

Hier is my Zefste kleedingstuk, dis my piek party cap waneur ek partys gooi!!!
Renier

pienk kop

Hierdie post is 834 keer in totaal gelees en 2 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,147,208 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinEn die wenners is…