Dear Diary….
Mense is darem maar eintlik poes ondankbaar.
Vandag dink ek terug aan die afgelope naweek by Ramfest Kuip Town en probeer die stukkies bymekaar sit soos ‘n legkaart. Die prentjie is ietwat rof maar ek kan darem al die mooiste dele onthou, ek dink… Een ding wat ek kan onthou is dat daar ‘n hele paar mense gekla het. En hulle, diary, is poefkoppe.
Wel, ek weet dit was op die Ostrich Farm so 25 minute se ry hier van die Muvva se city centre af. Wat dit eintlik fokken gemaklik gemaak het vir verskeie redes, goed en sleg… Ek onthou ook dat ek ‘n paar keer stad toe gery het deur die loop van die fees in die 48 uur wat ek daar was vir verskeie redes, goed en sleg… Ek weet hierdie jaar was die fees net een dag, op ‘n Sondag, maar jy kon alreeds die vorige aand kom tent gooi het as jy wou vir net dertig skille ekstra. Dit was kief want as die ouens oorkant ons (wat net ‘n katspoeg van die venue af in Beliville bly) moes ry sou hulle dit virfokkenseker nie terug gemaak het nie. As jy vorentoe beweeg, slegs deur gesuipde gravitasie dat jy kompleet soos ‘n balletdanser in Swan Lake lyk, moet jy vir seker nie try bestuur nie. So kudos aan die ouens van Ramfest dat hulle die camping weer beskikbaar gemaak het.
Ek weet ook soos met alle jols is daar altyd naaiers wat like om te kla. Voor en na die tyd. “Die tickets is te duur, dis net een dag, die bands is kak of commercial, dis ver, jy kan nie jou eie drank invat nie, daar’s min mense, warra warra warra warra warra. Daar’s altyd sulke dom lostonge met poef op hulle lippe wat mense se moeite kak gee.
Om julle verkeerd te bewys is hier ‘n paar antwoorde op die goed waaroor julle so oor gekla het.
Die tickets was nie vir ‘n moerduur nie. Om 350 bokke te ruil vir vier international acts is peanuts. Dis R87.50 per international act. Dan daarby het jy nog baie van Zef Efrica se top fokken acts soos Hog Hoggidy Hog, Fokkofpolisiekar, Taxi Violence, Niskerone en The Narow te sien gehad. In fact, was daar agtien acts in totaal. Dis R19.44 per band, jou ondankbare doos. En ja, obviously kan jy nie almal kyk nie en hou jy nie van almal nie, maar moenie sê jy is nie spoilt vir choice nie. Jy moan nooit as jy stukkend dronk op ‘n Vrydag aand R24.95 uitgooi vir ‘n pie by die garage nie. Pay for convienece, bradda. En die ouens moet ander tipe acts in die mix gooi – as die tent metal of net een genre was sou hulle dit nooit kon bekostig om een international band te bring nie.
As die bands vir jou kak was moes jy eerder jou skille na die Usher konsert in Soweto toe gevat het want virfokkenseker was daar nie beter live music enige plek in Suid Afrika daai aand nie. En In Flames is groot. Legendaries. Ouens kry tattoos van hulle mascot op hulle skouers ge-tattoo. Ek weet dis bietjie zef, maar nie baie ander bands het so groot following nie. Ek ken nie In Flames so goed nie maar ek kon darem Cloud Connected herken en die koppe het gefokken hop toe daai song speel. Meer energy as ‘n Cosatu strike, ek sê jou!
Infected Mushroom? Ek het hulle nie geken nie, maar toe hulle jol het ek myself voor in die koor gevind besig om my gesig af te rush op hulle trance vibes. It’s safe to say that I have been infected. Netsky was fokken piele. Jirre. Drum and buis vibes dat my ore kom van genot. Ek is nie so dik fan van Awolnation nie so ek het hulle gebruik as my queue om bietjie weg van die skare af te gaan dagga rook, whiskey uit die kar se boot suip en met vriende van ver te kuier. Maar daar was baie mense wat hulle gekyk het – ek kon hoor hoe die skare geskree het.
So what as jy nie jou eie dop kon invat nie? Dis ‘n fest en nie ‘n charity event nie, bra. En fok jou sommer daarby. Sê eerder dankie dat die manne agter die bar elke keer vir jou ys in jou dop gegooi het. Jy sou fokken smelt sonder dit. En ‘n dubbel Red Heart met Coke vir R20 is nie te versmaai nie, dan kry jy nog ‘n free T-shirt as jy twee koop. Ja en die poefkoppe wat kla oor die hitte – jou skuld, ou pêl, dat jy nie ‘n sambreel gevat het nie. Ek het soos ‘n koning geblom onder ons s’n. Skaduwee, dubbel R&C in die hand, groot fokken smile op my bakkies.
Daar mag dalk minder mense wees as ander jare maar Ramfest was oulik genoeg om die fest na ander mense toe te vat dat hulle nie elke jaar van Bloem, P.E of Durban af moet ry nie.
So gepraat van kak gee en poef op die lip en Bloemfontein – die Grissies in Bloem het toe sowaar as Kersvader bymekaargekom en gebid vir die ‘sataniste’ in Mystic Boer toe Ramfest daar gedraai het. Ek dink nie hulle gebed het gewerk nie want van wat ek hoor was dit ‘n lekker jol en gaan Ramfest in 2013 terug Bloemfonfokkentein toe. Lekker Bloemies! Eks trots op julle. Hail Satan!
So all in all as jy net wil fokken kla hou eerder jou bek want daar is meer mense daarbuite wat op die week terugkyk en reken Ramfest was baie lekkerder as wat dit kak was. Volgende keer bly by die huis as jy weet wat vir jou wag. Ramfest gee al die informasie uit wat jy kort. Jy moet die wortel uit jou hol haal, jou hare losmaak en geniet.
Watkykjy staan op 3,048,175 post views in totaal sedert 1 November, 2019.