Kots ek nou sommer 'n Cheetah welpie!
Laasweek, en gaan Google die kak as jy my nie glo nie, het ek vyf uit die ses games reg predict. Ek was daai one in a million doos wat die Force vir 'n wen geback het teen die Waratahs en as dit nie vir die Cheetahs was nie, het ek met vol punte, die yellow kap en 'n minder van 'n babbelas Maandag op kantoor ingesluip. So het die Vrystaat my op die nippertjie beduiwel en dit sou ook dieselfe laaitie wees wie ek nog van die begin af in die starting lineup wou sien wat gesorg het dat ek voor 12 op die Sondag alweer gesuip was. Piet van Zyl take a bow, my bra! Daar wag 'n dubbel brannas vir jou as jy en Naka Jetski in Barabas sodra julle terug is. Moet ook sê well done Vrystaat B, aka Sharks. Wie sou kon raai julle kan ook rugby jol? En vir die Stormers, goeie fok dit was lekker om te check hoe die Blues 'n poopsandwich tant. Net jammer julle fans op Nuweland is so deur die kak dat hulle self hul eie skoppers boo!
Dit bring ons by die week se Super Rugby suip sessions waar die Bulls en Lions vir 'n slag gaan moet werk vir logpunte. En dit is dan sommer ook 'n fokken taai situasuie die week as jy na die games in die overseas kyk.
Al wil die Joburg pollution in my lyf 'n moerse bohaai maak oor die Lions se game teen die Stormers die naweek, gaan ek nie dat my misplaced loyalty my Super Bru picks opfok nie. Die Stormers behoort met ten minste, en ek sê dit weer, ten minste 20 punte te wen, want die Lions is moertoe met beserings wat net weereend bewys dat hulle nie lekker uitmaak van beplanning nie.
Voor ek my moer heeltemal strip en begin huil oor die embarrassment wat in die Coke blik gaan plaasvind, kom ons check gou die ander games.
1) Blues v Hurricanes
Los hande die kak moeilikste pick van die lot. Bel jou fortune teller of maybee het jy een van daai black ball decision makers, want hier kan nie eens 'n legend soos ek jou help nie. Gut feel is om met die home side te gaan, maar speel hulle so kak soos laasweek in die Kaap sal die Hurricanes so vêr wegblaas dat hulle net kon droom om weer aan die Stormers se stok te suig. Typical Naas prediction hier, home side (Blues) met drie.
2)Rebels v Force
Hierdie is een van daai Vinkel-en-Koljander situasies, want die een is net so useless soos die ander. Wat my laasweek van die Force beindruk het was die ballas wat ou manne soos Nathan Sharp op die voordeel-lyn gewys het. Sharp Mieliepap en sy manne loop ook nou met moerse selfvertroue rond so kom ons back weer die Force in die battle of the useless Aussie pricks (wat volgens my moet plek maak vir die Kings). Force met 9.
3)Waratahs v Sharks
Sharks met 4. There, I said it. Iewers het die ligte begin aangaan, and let's face it, as die Force die 'Tahs kon wen, wat keer die piesangpiele om dieslefde te doen? Is dit nie about tyd dat Bismarck en die boys begin uitmaak van wen op die pad nie?
4)Crusaders v Cheetahs
Dan Carter is terug en die hele New Zealand se vroulike bevolking is nat. Go figure. Maar let's not forget dat die wisselvalige Cheetahs al vantevore die manne se Super Rugby planne bedonner het nie. En wie sou kon raai dat na vier weke se games, die Boere Mafia actually 'n kans sou hê teen die Crusaders wat sukkel om aan die gang te kom? Hulle het strangely nog net teen Kiwi spanne gespeel en verloor. Realisties….. moet ek maar die Crusaders back en hoop die Cheetahs fok weer my naweek op nie. Crusaders met 12.
5) Brumbies v Highlanders
Dit was lekker maar dit is nou klaar. Welcome to the real deal and see how it's done, Snake my son. Die Highlanders speel met iets wat min coaches slaag om in hulle overpaid jockstrap spelers se neute te kry – trots. Almal het hulle holle geskeur toe die manne laasjaar vir ou-ballie Tony Brown in hul span gesit het, en check waar is hulle nou. Ek sal like om die Brumbies te sien verloor met so 45 punte. Maar realisties staar hulle 'n pak van ten minste 15 in die gesig.
6) Bulls v Reds
Digby, die danser is uit – thank fuck for that en daar is nog geen Quade Cooper om Morras soos 'n laaitie te laat lyk nie, en hulle sukkel met manne soos Mike Harris en Ben Lukas wat ook pyne en skete het. Die Reds is ryp om gepluk te word, maar die vraag is: het die Bulls die breins om die sogenaamde Einstein van coaches 'n pit te druk? McKenzie maak uit van drolle in ander spanne se drinkwater gooi en het hierdie groep manne in 'n kwessie van twee jaar superterre gemaak. Die Bulls het nouwel so paar reinforcements terug gekry, maar vir some rede worry ek erg oor die een. Baie gaan van daai man met die zef tatoos op sy arms (Hougies) afhang – dit en die kanse dat Morras weer 'n breinfreeze episode het en alles mis skop. Die voories lyk nie te kak nie, maar ons sal maar moet sien. Ietwat van 'n raaiskoot maar Snor City se soldate met so 8.
7) Lions v Stormers
Soos vroeër verduidelik. Hier kom groot kak. En dis actually hartseer aangesien die Lions so lekker gelyk het so paar weke terug. Wonderwerke gebeur, maar nie sommer in Hilbrow nie. Stormers met 20 want hulle maak uit van rugby.
Watkykjy staan op 3,064,560 post views in totaal sedert 1 November, 2019.