Ons is so effens laat met ons nuus round-up van verlede week. Ons het ongelooflik hard fles gevat en betaal nou nog daarvoor. Die Sowing The Seeds festival in Magaliesburg was fokken hard op ons (dis ons eie skuld). Nietemin, hier is jou nuus round-up vir verlede week…
Duifnappers in Taiwan word vasgetrek
'n Groep duifnappers in Taiwan is gearresteer omdat hulle resiesduiwe kidnap en dan die eienaars kontak en ransom van ongeveer R1300 per duif eis.
Hoe de fok werk dit?
Duifnapper: "Meneer Fengshui, ons het vir Spikkels hierso. Ons soek R1300 of ons trek al sy fokken holvere uit!"
Meneer Fenshui: "Ek glo jou nie, sit vir Spikkels op die foon!"
Duifnapper: "Ok, gee my 'n minuut…"
(skuifel in die agtergrond en 'n hokkie gaan oop)
Spikkels: "Koer-koeroer! Koer-koeroer"
Meneer Fenshui: "Neeee, Spikkels! My geliefde resiesduif! Julle boosaarde!"
Meneer Fenshui: "Ons soek R1300 on ongemerkte note reg langs die konstruksiewerkers se kakhuis op die dokke teen lunchtyd!"
Hulle moet dit met Mike Tyson try. Hy sal hulle doodpoes. – IOL
Chuck Norris se brug in Slovakia
Mense in Bratislava dink daaraan om 'n nuwe pedestrian brug na Chuck Norris te vernoem omdat hulle daarvan hou om grappies te maak oor Chuck Norris se brute krag, manlikheid en invincibility. Hulle kan blybaar online vote tot met einde April en sover loop Chuck Norris voor in die online voting met 74%. Dis asof hulle die Chuck Norris internet meme wat al amper 8 jaar oud is (of dalk selfs die internet self) eers hierdie week ontdek het.
Dit is ook onduidelik of Stormer fans moontlik 'n houtbruggie oor 'n stroompie in Welbedacht na Schalk Burger sal vernoem, nadat hy sy knieg seergemaak het en al sy manlikheid in lig van die Schalk Burger meme nou in twyfel getrek is. – IOL
Die kortste man op aarde
In Nepal is daar 'n 72-jarige krimpie wat graag aan Guinness World Records wil bewys dat hy op 56 sentimeter die kortste man op aarde is. Dit sal nice wees as Guiness World Records dalk kan verduidelik wat hulle definisie van 'n 'man' is want daar word elke dag baba's met piele gebore wat korter as 57 sentimeter is – die baba's nou, nie diew piele nie. Daai is 'n ander rekord op sy eie… – IOL
Dummies
'n Crime fighting dummy met die naam van Oom Koos het die polisie op hol gehad in Pretoria nadat 'n familievriend hom deur 'n veldjie gesleep het en die gedoente deur 'n taxi driver ge-kokkenodge is. 'n Rukkie later het 'n groep mense van 'n informal settlement by die mense se huis opgedaag en demand dat hulle die 'lyk' wou sien. Lang storie kort: die cops het opgedaag en vir vier ure lank gesoek na die ding toe daar eers agter die kap van die byl gekom is. Die eienaar het toe verduidelik dat dit 'n crime fighting dummy is wat gewoonlik in die jaart of in die driveway staangemaak word omdat hulle 'n klomp inbrake gehad het. Na hulle die dummy begin gebruik het, het al die burglaries en kak afgeneem. Van nou af gaan hulle hom blykbaar net op die stoep sit.
Moral of the story is dat almal wat die koerant gelees het nou weet dat die dummy op die stoep gaan staan. Die nice koerantstorie render dus nou die familie se sekuritiet totally fokken useless. Dummies. – IOL
Die Antwoord gooi weer live op Jimmy Kimmel
Die Antwoord het Amerika weer aan die brand getoer en min of meer afgesluit met 'n Jimmy Kimmel live performance. Dis die tweede keer wat hulle op sy TV show optree. Hulle is nou oppad Australia toe om verder verwoesting te gaan saai…
Watkykjy staan op 3,125,759 post views in totaal sedert 1 November, 2019.