So laasweek is Watkykjy uitgenooi na die launch van Lyle & Scott, 'n klere brand wat jy nie kan bekostig nie. Ons weet ook nie hoekom ons uitgenooi is nie. Vir een of ander rede dink hulle ons is fokken fancy of iets of nie verstaan wat hulle op Watkykjy lees nie en dink net ons moet cool wees of iets. Die brand is al van 1874 beskikbaar, maar nou onlangs eers in Suid Afrika. Dit was een van daai events waar elkeen meer slick lyk as die volgende, en jy vir 'n feit weet dat jy nie in die regte tax-bracket is om huis toe te gaan met 'n naai nie.
Dit was ook een van daai events waar daar 'n open bar was (iets wat ons natuurlik sal lok, al moet ons iemand soos Jurie Els se mantroue bywoon), wat dit dus een van daai events gemaak het waar ek poesdronk word en heeltemal vergeet hoekom ek daar is.
Ek kan onthou dat ek saam met die lede van Southern Gypsy Queen gery het in die bus oppad na die “secret venue” toe, en hoe ons almal gebond het oor stories van Griffin wat kak dronk geraak het by Up The Creek.
Na dit onthou ek dat ek impressed was met die marketing company se “hip, young sensibility” deurdat hulle ou arcade machines gehad het waar jy Mortal Kombat op kon speel. Verniet.
Verniet soos die vodka en bier, wat die laaste ding is wat ek regtig kan onthou met enige helderheid.
En daar was een of ander soort fashion show met klere.
Hier volg 'n paar fotos van die aand, waar ek verskillende outfits probeer aanpas het. For the sake of fashion, en al daai kak:
In hierdie een is ek aangetrek as Survivor South Africa wenner Ashley Hayden se botteltjie Fanta.
In hierdie foto is ek aangetrek as Southern Gypsy Queens lid Gareth Wilson. Saam met klomp ander mense.
In hierdie foto is ek aangetrek as al drie lede van Southern Gypsy queen. Saam met 'n random hottie.
Hierso is ek aangetrek as Liezel Van Der Merwe, voormalige Idols presenter se entoesiasme. Jy kan my ongelukkig nie in hierdie foto sien nie
In hierdie foto kan jy my sien, geklee as 'n windows startup screen, agter huidige Idols aanbieder ProVerb saam met voormalige Idols deelnemer Lira.
Hierdie is actually een van my saam met 'n ander ou wat aangetrek was as huidige Idols presenter Proverb.
En hierdie is een van my wat later die aand geneem is as Bear Grylls. Net voor ek my eie pis drink. Deur 'n strootjie met 'n sambreeltjie in die glas. Ons is mos by 'n fokken fancy fashion show.
PS: As julle ons uitnooi na fancy events toe, maak seker julle weet waaroor Watkykjy gaan en of jy ons regtig daar soek. Thanks vir die free drank en kos. Dit was piele van julle.
Watkykjy staan op 3,056,199 post views in totaal sedert 1 November, 2019.