Ons het hierdie outjie so ruk terug op Watkykjy gehad, maar hier het ons nou vir jou die volle trailer van 'n klassieke John Wayne Western fliek wat gevat is en basically opgefok word met dubbed stemme in Afrikaans.
Jan Wyn leef soos 'n katelknapie op sy plaas nadat sy vrou, Sarie Marais gefokof het. Sy laataand gesuipery word egter kortgeknip toe Sarie skielik opdaag voor sy deur. Hulle warm dogter, Sannie is oppad terug van Universiteit af en Sarie wil haar wegvat Kaap toe! Dinge begin hand-uit ruk wanneer die nuwe handlanger wat Jan aangestel het begin ogies maak vir Sannie en Jan sy vrou se hart probeer terugwen.
Ten spyte van die feit dat die ouens nie vir 'n fok kan spel in Afrikaans nie (soos byvoorbeeld in hulle trailer se title sequence) en 'n Afrikaanse "fliek" uitgebring het waarvan hulle meeste van hulle zef slang van Watkykjy af ge-lift het, is dit nogsteeds poes snaaks…
Watkykjy staan op 3,074,300 post views in totaal sedert 1 November, 2019.