Watkykjy was verlede naweek na die Sowing the Seeds festival by Warthogs wildplaas in Magaliesburg gewees.
Dit was aangebied deur Rocking the Daisies en Converse, en kan basies gesien word as ‘n Rocking The Daisies Lite – as’t ware ‘n teaser vir die regte festival wat in Oktober elke jaar plaasvind.
Hierdie jaar het hulle dit egter goed gedink om ons arme, oningeligte Gautengers ‘n voorsmakie te gee van hoe dit is in die beloofde land. Daar was wel nie ‘n dam om in te swem nie en die bietjie gras wat daar was, was nie nastenby so weelderig soos in die Kaap nie, maar vir ‘n offshoot van ‘n bekende festival wat verskuif is uit die Kaap na Johanneburg het hulle dit meestal lekker reggeky.
Soos enige festival wat sy debut maak, was daar ‘n paar probleme (hippie-graad customer service by die kos stalletjies en tequila wat nie op ys was nie) maar niks wat die naweek te veel versuur het nie.
Ons almal weet egter dat die regte rede waarvoor mens na ‘n festival toe gaan is vir die drank en dwelms musiek, en in hierdie opsig het dit nie teleurgestel nie. Die Saterdag lineup het bands soos Tidal Waves, Shadowclub, Bittereinder, Wrestlerish, Goldfish en PHfat ingesluit en die feit dat mense later die aand deur die reën gestaan en dans het, het bewys dat almal fucked was almal dit deeglik geniet het.
Hopelik sal daar meer van die soort ding in die toekoms wees en shot aan Converse en Rocking the Daisies vir die tickets.
Disclaimer: Zirkie het meeste van Saterdag gelê in ‘n poelietjie van sy eie kots, so sy enigste coverage is die volgende lys van reëls oor hoe om jouself nie soos ‘n poes te gedra nie… (by future events sal die reels gevolg word en ons sal lekker kakpraat met al die bands wat ons mis gesuip het.)
Zirkie se reëls vir wat om te doen by ‘n festival:
- Eerste en heel eenvoudigste – slaan jou tent en kampeerplek op voor jy begin duik. Daar is min dinge meer kak as om ‘n tent, dronk, in die donker op te slaan nie.
- Wees voorbereid met jou kampeertoerusting. ‘n Tafel om jou tamatiesous en drank op te sit, of ‘n gemaklike opblaas matras, sal die lewe baie vergemaklik. Maak net seker dat jou opblaas mattress nie ‘n fokken slow puncture in het nie.
- Indien jou matras wel lek EN jy vergeet het om ‘n slaapsak of beddegoed te bring, kan jy jou afgeblaasde matras vir ‘n kombers gebruik, en ‘n rol kakpapier as ‘n kussing, ala griff.
- Dis baie moeilik by ‘n naweek festival, maar probeer om nie die Vrydagaand jouself in ‘n koma in te drink nie. Dus moet jy onder geen omstandighede saam met Griff en sy pêl Gertjie kuier nie. Hy sal vir jou lok met verniet sigarette, maar dan sal hulle jou 60% lewerfunksie kos deur meer tequila as wat jy water per week drink…
- As jy, soos ek, nie geluister het na die vorige reël nie, hê ten minste ‘n teken vir jouself dat jy te veel gehad het. Myne is nou “As jy te dronk is om haar naam uit te spreek en haar nog steeds probeer vry, is dit tyd om op te hou en te gaan slaap”
- Moet nie die foreign-exchange-student meisie probeer opchat nie. Hulle name is in elk geval te moeilik om uit te spreek en kan jou miskien flous oor jou ware vlak van dronkenskap.
- Moet nooit ‘n diep gesprek oor die musikale relevansie van dubstep hê met bogenoemde foreign-exchange-student meisie nie. Of met enige iemand nie.
- Indien jy wel jouself breek op die Vrydagaand, propbeer om ‘n goeie breakfast te eet voor jy weer begin suip op Saterdag.
- Cane en Creme Soda is nie ‘n goeie breakfast nie… maar as Skipper Glen jou die geleentheid gee om olifantburgers te eet, doen dit. No jokes, ‘n halwe olifant burger sal jou deursien vir twee volle dae by ‘n festival.
- Indien jy byvoorbeeld liquid acid uit ‘n VitaminWater botteltjie drink, moenie dan joke oor hoe “Vitamin A” die belangrikste bestanddeel in VitaminWater is nie. Dis nie so snaaks soos jy dink nie.
- Moet nie liquid acid uit ‘n VitaminWater botteltjie drink nie.
- Moet nie daarna ‘n fokken bottel Redstag uitsuip, uitpass, en vyf-en-negentig persent van die bands mis nie. Voel egter vry om geregtiglik soos ‘n drol te voel omdat jy heelparty goeie bands gemis het.
- As jy die hele naweek nie eenkeer jou skoene gaan uitrek nie, maak net in godsnaam seker jou toonnaels is geknip, want hulle is geneig om stukkies side-toon te verwyder
- sodra jy terug gefok het huistoe, gooi jou hele sak klere in die was, al het jy net een onnie die hele naweek gedra. ‘n Bosluis score maklik ‘n lift in jou backpack. Op jou balsak ook, so maak seker jy vat ‘n stort.
- Huil sommer dan in die stort, en klap twee vliee met een klap.
As jy nie jou les wil leer nie, kyk hoe lyk griff wat amps trek soos ‘n 6-berth Jurgens karavaan. Daar is darem ook footage van Bittereinder, ‘n befokte band wat altyd afshow met hulle amazing skill om te speel terwyl ek nie uitgepass is nie:
Watkykjy staan op 3,057,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.