Ramfest is glo van die duiwel

In Briewe deur griffin

Middag Griffin, het n "chain mail" epos ontvang gisteroggend oor ramfest wat ek hoop jy nogal interessant sal vind. Die ding ruk nie so lekker in Bloem nie lykit my.

Check die kak
Jankel


"Hallo julle,

Ek wil asb versoek dat julle sal saam bid en intree vir hierdie ‘rock festival’ wat hulle in Bloemfontein wil aanbied.  Einde laasjaar het God ‘n dringendheid op my vriendin en op my hart gedruk die woord moet uitgaan, oor hoe satan musiek en tv programme gebruik om kinders en grootmense in sy koningkryk in te trek.  Ons was in Oktober nie seker hoekom die dringendheid so intens was nie,  maar ons het in November begin om die aanbidienge te hou! Toe ons hierdie e-pos kry van die fees wat hulle in Maart wil aanbied het ons dadelik geweet, hoekom dit so dringend was dat die Woord dadelik moet uitgaan.   As julle op die embleem kyk sal julle die okkultiese tekens sien, met ander woorde hierdie fees word deur die sataniste en illuminati beweging georganiseer! Hulle beplan om oorsese okkultiese en satanistiese groepe te bring vir die fees.

Ek wil vra dat julle asb hierdie woord sal uitstuur aan julle mede Christen vriende en vriendinne, sodat ons kan saam staan in gebed en vas sodat hierdie fees nie sal plaasvind!  Bid ook asb dat die Here deure sal oopmaak vir ons om die Woord te versprei!

DANKIE EN MAG GOD JULLE SEEN!"


Jirre, laat ek ook maar 'n eiertjie uitkak:

Geagte mevrou Bang-Vir-Fokken-Alles,

Die RAM in RAMFEST staan vir Real Alternative Music. Dis 'n gewone music festival met local talent waar ons na bands kyk, die sataniese bybel uithandig aan kinders onder 3 en bloed drink, bier drink en almal 'n lekker tyd het. Gaan soek die duiwel in jou kerk. Hy loop fokken los rond daar.

As jy weer skrik, skrik fokken wakker, jou oningeligte etterkop.
griff.

ramfest

Hierdie post is 266 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,146,101 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinRamfest is glo van die duiwel