Up the Creek is 'n befokte music festival wat elke jaar op die walle van die Breederivier gehou word, net so duskant Swellendam. Dis een van die goeters wat ek vir julle met sekerheid kan sê. In fact, dis een van die enigste goeters wat ek vir julle met sekerheid kan sê omdat ek oudergewoonte te beskonke geraak het om die volle prentjie te fokken skets. Moerse fokken surprise.
Maar dis ook darem nie so fokken erg nie, anders as een Oppikoppi, waar ek nie een enkele band gesien het of meer as tweehonderd meter altesaam getravel het nie (uitsluitende sogenaamde astral traveling natuurlik).
So Vrydag by Up the Creek was 'n volslae sukses, all things considered. Ons tent is gepitch en met behulp van die fantastiese Iceberg drankie (basically poesbaie Bacardi en Sprite) het ons die stage area aangedurf. Blues Broers was befok verby, van past legends tot die new blood wat mens se binneste laat lekkerkry. Classic acts het gevolg in Machineri, aKing en Taxi Violence. Daarna is ons terug tent toe waar ons met bekendes gestry het, chalets uitgeklim het en kak gepraat het. Tot die son opkom.
Saterdag se water breek en ons is moerse fokken babelas af rivier toe. En dis een van die unieke fokken features van Up the Creek – die actual fokken 'creek' of actual Breederivier waar mens de hele fokken Saterdag ronddobber op 'n pool noodle of iets fokken kleurvol en gesuip raak. Jy moet dit fokken doen voor jy vrek, pel. Luuks.
Saterdagaand was 'n fokken orgie, oftewel my gewone festival experience. Dan is dit mos enige iets wat die kop laat draai. Mene mene tekel ifarsen en ek spandeer meeste van die aand trying to recover voor of in my tent parallel met die grond. Dit terwyl Chocky33 mense tackle met 'Don't stop believin'' Lang storie.
Maar baie bewus van my plig om aan almal te rapporteer, het ek sekergemaak ek neem alles in van waar ek op my fokken rug sit. In my 'Tambooti' tent. Karen Zoid was fokken aaklig, soos altyd. Die Kongos was die Kongos en het presies soos die Youtube clip geklink (let's be honest). 'n Hoogtepunt was Tidal Waves se punk rendition van 'Keep on rocking in the free world' deur Neil Young. (Ek het gister uitgevind dit was actually Black Cat Bones, wat ek al maande wil sien maar altyd misdrink. Fok.)
En so aan. Wat ek kan sê is dat die festival befok was. Als was naby mekaar, affordable en net fokken accessible en easygoing. Niks bullshit en beperkings wat by groter festivals aan die orde van die dag is nie. Die line up was rerig fokken cool en die vibe was amazing, seker 'n result van al die hippies en ouer mense en Piet Botha en die oorspronklike Blues Broers en sulke stuff. Dit was net fokken lekker okay? Vat dit van 'n ou pro.
So volgende jaar sal ou Chops al weer daar wees. Maar ek hoop jy kom nie. Want as dit te groot word en almal kom (veral mense soos jy!), dan sal dit al die magic en hippie dust en cool vibes verloor. Maar daarvoor het ons darem nog die Blues Broers en die Iceberg en die Black Cat Bones en Piet Botha en als wat fokken cool en sonde en hartsdinge is.
Viva Up the Creek, viva!
Jacques Moolman van Shadowclub is gepiel op stage en poes oor die stage teryl Black Cat Bones probeer jol:
Min of meer alles wat griff van Up The Creek kan onthou:
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.