Goeie donner party van hierdie manne wat daar aan die voet van tafelberg bly het nie 'n fokken idee wanneer om hul bekke te hou nie.
Soos ons nou almal veronderstel is om te weet moet die Kings volgende jaar Super Rugby speel en is die kanse uitstekend dat een van die ander spanne sal moet uitsit.
Nou gaan krap sekere dom dose letterlik aan die Leeus se bal deur voor te stel dat hulle volgende jaar moet plek maak vir die Spears of Kings – watokal.
Argumente soos 'die Lions is te diep in die skuld' en 'die Lions het so swak gevaar die laaste vier jaar' en 'die Lions verdien dit om hul plek te verloor' word kliphard op Langstraat cyberhoekies geskree.
Maar kom ons gaan kyk bietjie mooi daarna, want die fok weet van die brasse wat in ons land se official gay capital try rugby uitfigure sukkel maar hulle holle af.
Inteendeel, hulle is poesbedroef.
As kaptein moes ek die besluit maak en juis omdat hulle so aanhoudend kak, kerm en die ander spanne afkraak, sal die Stormers maar moet tevrede wees met net Currie Cup rugby van volgende jaar af.
Dis 'n done deal.
En vir die wat al vergeet het hoe 'n Currie Cup lyk, kom drink n dop op Ellis Park.
Sien dis eenvoudig, die enigste span wat oor die laaste 10 jaar feitlik fokkol gewen het nie is die Stormers.
Easy, toothless tigers! Voor jy nou daai "conference winner trophy" van laasjaar hier wil uit ruk weet ons almal daai ding beteken minder as die troosprys vir 'n royal naamruk op die golfbaan. Ja, ek stem saam dat finale en semifinale nice is, maar at some stage moet mens begin afknip as daar heeltyd gechoke word. Ook net in die goeie ou Kaap is daar 'n sogenaamde Cape Crusaders supporters clubs wat teen die WP skree as Richie McCaw dalk bal steel. En dan, baie belangrik, moet daar ook nie van die snotneus houding teenoor Saracens en die Franse wat daar wou kom jol het vergeet word nie. Net daai move alleen behoort eintlik aan hulle 'n time-out van SA Rugby te besorg.
Hier wil n klomp dudes ons land (en julle stad) se ekonomie boost deur 'n game in daai grot van 'n Cape Town stadium te organize, en wat gebeur – julle scheme "fok dit, ons cooler as julle!"
Julle het klaar die happy go-lucky lifestyle daar in D.A. country waar alles tog te pragtig werk en almal oortuig is Joburg is van die duiwel af – die see, die wyn, die natuurskoon en die sorgelose suipsessies voor daai ultra trendy parties. Alles, net daar. Fok, die vibe is so chill meeste Stormers sal eers halfpad deur die volgende seisoen uitfigure hulle speel nie meer saam nie.
So kom nou manne, hou nou oop die Lions en Cheetahs kakbyt en geniet eerder die laaste dans saam ons groot seuns. Andersins kan ons speel vir die eer om saam die groot honde te pis.
Broke Lions – sonder twyfel.
Bang Lions – nie naastenby so bang soos WP manne is dat hul dalk nog 10 jaar gaan moet wag voor die gechokery end kry nie…
Kaptein Kortbroek laaik alle rugby spanne behalwe die wat die Lions kak tune.
Watkykjy staan op 3,110,468 post views in totaal sedert 1 November, 2019.