Ons het alweer op 'n kak video afgekom, maar voordat ons enigsins verder daaroor gal braak, lees eers gerus hierdie uittreksel uit ons boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos ter stawing van ons gekotsery oor die fenomeen van marabse wat songs maak oor hulle moerdertaal, want ons fokken weet waarvan ons praat.
Hierdie Kersfees is daar net een ding wat ek wil hê. ‘n Ander kultuur. Want die fok weet, as Afrikaanse musiek deel moet wees van my kulturele identiteit is ek eerder enigiets anders…
Goed, so ons erfenis was dalk nie so great om mee te begin nie. Daar’s die geskoffel van boeremusiek, die nasionalistiese inslag van ou volksliedjies (baie daarvan sommer uit Duits vertaal) en die suikersoet sentimentalitiet van die ligte liedjie wat gedurende die donker dae van Apartheid so populêr was.
Deesdae weer is daar klaarblyklik so baie kunstenaars en style dat mens dit nie kan klassifiseer nie. Behalwe miskien as kak.
Ironies stel Afrikaanse groep KOBUS! dit die beste: “Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent.”
Dis asof elke Jan Rap en sy maat wat ‘n bokskitaar by Cash Converters koop ‘n paar sub-standaard lirieke in Afrikaans (en paarrym) skryf en ‘n maand daarna sy eie CD op die rak sien.
‘n Tekort aan talent is definitief nie onoorkombaar nie. Looks tel mos baie en daar’s niks wat ’n stewige backbeat nie kan regtoor nie.
Check bietjie MK op DStv uit. Of eerder, check hulle waaib uit. Want hulle is “with it”. Hulle stook en kook en als wat wild is. Kompleet met ’n MTV-wannabe identiteit en shows soos “Af” wat carbon copies van MTV-programme is.
‘n Paar jaar gelede is daar van die “Zoid-generasie” gepraat (na aanleiding van Tannie Zoid, wat nou “gelukkig, gelowig en getroud” is). Laat my asseblief toe om te braak.
Mens sou natuurlik ook kon praat van die “lame” generasie. Want hulle is. Al hierdie nuwe startup kunstenaars wat dieselfde ou reseppie volg en, “jy weet, net hulle deel vir die Taal wil doen, want dis mos ons taal, en Afrikaans kook hoor, jy moet net hoor.”
Dis baie maklik om hulle te identifiseer. Hoor. Hier’s ’n paar tell-tale signs:
- Hulle cover ‘n ou volksliedjie. Maar hulle doen dit swaarder of bietjie anders en dink dan dis moerse cool en vernuwend. Ironies selfs. Sou dalk ook oorspronklik gewees het as dit nie die honderdste groep was wat dit gedoen het nie. En van wanneer af is ou verafrikaanste Duitse volksliedjies cool? Nee man, siesa.
- Hulle oorrond sover moontlik. Dalk omdat hulle uit die verkeerde gat probeer praat, is dit nou “Bloemfontaain” en “verbaai” tussen “jaauw” en “maai”.
- Hulle klink soos… wel almal anders. Almal het noodgedwonge ‘n tipiese eenvoudige akoestiese-ontmoet-vier-bar rock-klank. Of ’n backbeat. Almal kan mos in ‘n band speel. Almal is mos rocksterre. Rock spiders, as jy my vra.
- Hulle is Afrikaans-behep. Ons weet almal jy is Afrikaans, ons besef jy’s lief vir die Taal en wil nie hê dit moet uitsterf nie. So what? Knoop Pappa nog jou ‘koene, en was Mamma nog jou toggos? Jirre, word wakker my ou. Kom by.
- Wat ons kan gebruik is meer cool bands wat net toevallig in Afrikaans sing. Want, en dit mag nuus wees vir baie mense, Afrikaans is net ’n taal. Dis nie ’n geloof of ’n issue of ’n lisensie om ’n doos te wees nie.
En net soos Afrikaans ’n taal is, is musiek musiek. Kak musiek is kak musiek. Dit word nie beter omdat dit in Afrikaans is nie.
Die skreiende ironie is dat hierdie kamtige rock-rebelle presies dieselfde konserwatiewe uitkyk het as dié van die taalstryders van toentertyd en tagtigs Suid-Afrika met sy Caspirs en besnorde polisiemanne.
Hoe rock ’n roll is dit in elk geval om vir die behoud van ’n taal te stry?
Watkykjy staan op 3,056,193 post views in totaal sedert 1 November, 2019.