Gotye – Making Mirrors (album review)

In Kief musiek deur Zirkie

Daar's nie 'n maklike manier om dit te sê nie, maar op Making Mirrors, die nuwe album deur Gotye, vloek hy nie een keer nie. Nie 'n enkele kragwoord of enige kru taal in sig nie.
Die man het nie 'n leopard-skin cap met 'n enorme brim nie, hy was nog nooit in 'n Bellville-band gewees nie en die laaste byvoeglike naamwoord wat jy ooit sal gebruik om hom te beskryf is Zef.

Gotye, oftewel Wouter De Backer (met so naam sal jy skiem Suid Afrikaanse herkoms, maar hy's blykbaar 'n Belgiese Australianer, of 'n Australiaanse Belg) maak al musiek sedert 2001 en het met sy eerste twee albums, Boardface en Like Drawing Blood, stadig maar seker bekendheid verwerf in Australia. Dis egter nou eers met Making Mirrors, sy derde album, wat hy wêreldwye erkenning begin geniet. En meeste van dit is te danke aan die lead single, Somebody That I Used To Know:


Jy het seker al die song op die radio gehoor, of in jou drama-student meisie se koshuiskamer.

Dis orals, en dis net 'n kwessie van tyd, ek skat so drie weke, voor jy dit hoor as background musiek vir 'n Discovery Channel advertensie. Dis nie te sê dat dit swak is nie, allermins nie, maar dit is ongelukkig een van daai happy-sad songs wat 'n “instant classic” is in die sin dat dit verkrag gaan word deur station managers en hartseer tieners wat dit heel aand op repeat gaan speel terwyl hulle in 'n donker kamer lê en angs-aanvalle kry.

Persoonlik hou ek baie daarvan om myself te sny en om angstig en aleen te wees in 'n donker kamer, so ek het onmiddelik aanklank gevind, maar ongelukkig is dit net die eerste en laaste tracks onderskeidelik, Making Mirrors en Bronte, wat ook geklasifiseer kan word as pols-knaers van enige aard.

Die res van die album is 'n eklektiese, shiny, pop-mengsel van baie verskeie genres en style.

Van die rustige electro-lounge en reggae vibe op tracks soos Don't Worry, We'll be Watching en State Of The Art, tot die swinging 60's sample klanke van Smoke & Mirrors en I Feel Better, tot die Wham! inspired In Your Light (Hy het totaal en al die riff van Goerge Michael se Faith gesteel) is die album baie dinge, maar dis ten minste nooit boring nie. En sodra iets meer belangriks soos bier of tiete jou aandag aflei, is dit asof die musiek saggies hoes, om verskoning vra en heel gemaklik uit die sonic limelight uitskuif.

Soveel soos Making Mirrors 'n album is waarna jy intens kan luister met oorfone op en ligte af, is dit net so tuis in die agtergrond. Dit mag dalk so voorkom, maar hierdie is nie noodwendig 'n slegte ding nie. Dis nie 'n album wat jou gaan dwing om dieper daarna te luister nie, maar as jy die moeite doen sal jy  heel waarskynlik beloon word.

Making Mirrors gaan beslis nie almal se koppie decaf-chai tea met twee candarels in wees nie, maar  vir die wat so rol (verkieslik met Rizlas) is daar baie om van te hou.

Dis verfrissend om 'n nuwe release te hoor wat nie heeltyd hoef te skree “kyk vir my! Kyk vir MY!” nie, maar wat nog steeds jou kan aangryp as jy dit kans gee…

Amper so verfrissend soos om 'n review te skryf waarin ek nie eenkeer die woord 'Poes' gebruik nie…

Hierdie post is 87 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,483,601 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
ZirkieGotye – Making Mirrors (album review)