Sommer nou straight of the bat hier speel ek nou oop karate met julle. Eks net eerlik. En besides, honesty is the best pornography.
Hedonisme het hoog geloop Vrydagaand by Sgt. Pepper in Lang Straat vir die Ram Jam Highway to Hell jol. Gods, die laaste ding wat ek onthou was by die trappe oploop, dressed for success, my goose aan my sy, kamera oor my skouer, 80’s rock in my kop en ‘n wil vir party (ek het toe nooit fotos geneem nie – ek het te lekker geparty en my kamera agter in die kar gaan gooi. Maar ek belowe volgende keer.)
Ok ek kon seker so bietjie meer as dit onthou want Saterdag oggend oppad werk toe het ek rock geluister (drie ure laat – lees my vorige Ram Jam entry hier https://www.watkykjy.co.za/2011/12/laitie-beleef-ram-jam-innie-kaap/, ek was toe ook poestoe laat vir werk.) Anyway, in die kar het ek my eie classic rock compilation gelooi om my in ‘n beter mood te sit en sowaar as poes koue water in die Atlantiese Oseaan all year round, loop die memories en flashes van mense in gold tights, rocker make up, air guitaring, DJs op die tafels, liters bier, ‘n artillery shooters weer oor my geheue.
Aan die bra in gold tights jy het gerock en ek wonder of jy nie gewen het nie. Die DJs het net so fokkken tekere gegaan, waar die klomp die energie kry moet ‘n staatsgeheim wees want hulle rock non-stop. As die hele werksmag in ons land so besig was soos hulle sou ons land mos fokol makeer het nie. Al die ou rock treffers was ‘n loud blast from the past en my ore tuit nou nog en “don’t stop believing” van Journey zoem nog hier onder in my onderstebewussein rond. Daai cherry met die pers make-up, Jane Fonda kouse en kwaai hairstyle – jy was kookwater. En die res van die propvol klub wat saam gesing het op elke song, boozehande in die lug terwyl hulle balanseer met die ander een op hulle heupe, vriende se skouers, muur, tafels, grond of sommer altwee hande in die lug – julle het die sweet laat tap in daai klub.
Witwarm.
Wat quite striking was, was dat daar ‘n hele paar Afrika tjommies die party gejoin het. En fok, die brasse het moves! Mense sou dink hulle like net kwaito en hip-hop maar die ouens en gooses het air guitar gejam asof hulle Fenders van goud in hulle hande vas hou. Moer cool.
Om die aand se vibes meer electric te maak is daar ‘n vet fokken prys in die mix gegooi met klomp goodies wat almal sal wil hê. Jack Daniels shirts, kepse, bottels drank om die dronk nog dronker te maak, CD’s en vet tattoo voucher gegooi. Gepraat van tattoo. Fine Lines Tattto Studio was daar in al sy chup glorie besig om ‘n mejefroutjie se rug toe te chup. Fokken hot gewees. Ek's net bly daai artist is nie van sy stoel af gedans en ‘n skewe streep oor haar rug getrek nie. Dit sou poes blind gewees het. Anyway die bra het steady gehou en niks het soos ‘n tronk stamp uitgekom nie. Soos ek gesê het was daar ‘n prys so vet soos die contestants aan die begin van biggest loser. Dit was vir wieokal soos die beste rock legend opgedress het. Dit was obviously nie ek nie want ek het nie n borrel Jack in my bed gehad die volgende oggend nie. Geluk aan die een wat dit gewen het. Jy is obviously uit ‘n vorige era uit.
Speaking of which – êrens deur die mix het ek nog so gefokken airguitar asof my lewe daarvan afhang toe daar 'n CD voor my gesig gewaai word. Score! Met ope arms sou ek dit neem maar ek was te besig om die riffs vir “I’m on a high way to hell” te speel toe gryp ek hom sommmer met my bêk.
All in all, al was ek weer laat vir werk Saterdag en was dit weer ‘n hoogtepunt hier innie Kuip. Lekker mense, lekker bar, lekker gesous geraak en fokken lekker musiek.
DJs Iron Leydon, Chopper Charlie en Red Hot Lili Pepper maak die fokken jol fokken vol.
Tot die volgende Ram Jam. Op Hedonisme.
Groerre uirie Kuip.
Poes Groot Klein Ruantjie.
Watkykjy staan op 3,089,944 post views in totaal sedert 1 November, 2019.