Elke Donderdag laai ons ‘n faktap video op op Watkykjy wat ons aanmekaarslaan uit user submissions of kak wat ons van ou VHS tapes af trek. En ons het fokken baie ou kak om te begin oplaai. Enige iets van ou fliek clips tot ou advertensies en dis meer. Julle gaan heavy weird kak hier sien en nie almal gaan dit like nie. En ons voel ‘n fok.
Hierdie week gooi ons ‘n compilation van so paar van die Watkykertjies wat tickets na Die Antwoord se show of Die Antwoord se nuwe album, Ten$ion gewen het. Shot vir almal wat deelgeneem het. (Geluk aan al die wenners – julle het e-mails ontvang. Die CD wenners se CD’s sal gepos word en die ticket wenners se name sal by die gig se deur op die special list wees – vat net jou ID of driver’s license saam sodat die mense by die deur jou kan ID en geniet die show)
Ons skop die project volgende week oordentlik af en sal julle dan tune hoe julle kan deelneem. Hopelik gaan dit vet pret wees. Gaan soek solank jou ou VHS tapes wat net plek opvat en stof opgaar.
Watkykjy staan op 3,118,703 post views in totaal sedert 1 November, 2019.