Ons het besluit om sover moontlik vir julle elke week 'n re-cap van so paar gebeure van die vorige week se nuus te gee, in case jy te besig was by die werk en dalk op iets uitgemis het. Kom ons hoop dis sustainable…
Windhoek Lager droog op! O fok!
Julle het al Windhoek Lager se bier opgedrink oor die feesgety, julle dose!
"Na verwagting sal daar tot einde Januarie ’n tekort aan Windhoek Draught in 440 ml-bottels en in blikkies wees. Die tapbier sal nie geraak word nie, terwyl Windhoek Light nog geredelik beskikbaar is"
Blykbaar gebeur hierdie tipe van kak elke jaar en die suppliers kan nooit voorspel watter produkte geraak sal word nie. Wel, hier is 'n news flash vir SA se drank suppliers: Suid-Afrika is een van die lande op planeet aarde wat die meeste fokken suip. Maak 'n plan. (Sake24)
Krimpies skei oor 'n 1940's affair
'n Nege-en-negentig jarige krimpie van Rome het op liefdesbriewe tussen sy vrou en 'n skelmpie afgekom wat omtrent sestig jaar terug geskryf is. Die omie het sy moer gestrip en besluit om van sy 96-jarige vrou te skei. Jirre ou, ek hoop nie hulle naai nog nie. Daar is net so baie dinge met hierdie storie wat visually verkeerd is. Imagine hoe jaag hulle mekaar rond om die kombuistafel met hulle zimmerframes terwyl hulle skaars hoorbaar op mekaar skree en met goed gooi wat beswaarlik meer as 50gram kan weeg. Soos skuursponsies. "Vat so, jou fokken Delila hoer!" (gooi sponsie 40cm ver) – IOL
Man en vrou skei oor vrou mooi tiete het
Michelle Mone het in 1999 Utimo bras ge-launch. Sy en haar man het die company saam begin. Dis 'n bra wat gooses se puppies mooi styf teen mekaar druk en ouens laat kwyl vir vleisdasse. Die 40-jarige ma van drie het ook onlangs 38kg gewig verloor en self in haar onderklere range begin pose, want check, sy het meer confidence gekry en so aan. Al die lekker dinge wat saamgaan met wanneer chicks 38kg verloor en weer lus is om die lewe aan te pak met nuwe vuur in hulle panties. Dit het haar man die fok in gemaak en hy't begin jaloers raak en hulle paadjies het geskei.
Plaas die ou net sy bek hou en sy "nuwe" vrou bietjie meer gereeld beetkry en motorboat. 'n Nice stel tiete is nooit te versmaai nie. (IOL)
Professor Holnaaier in die sop
'n 52-jarige UNISA professor is op boxing day in Garsfontein in hegtenis geneem nadat hy twee boemies in die boude gedoen het op Kersfees. Hy het hulle blykbaar in die veldjie langs Menlyn Ford gaan oplaai op krismis, die ouens bietjie skoongemaak en met nuwe klere uitgekit en in ruil daarvoor vir "gunsies" gevra. Jirre, dat mens so fokken alleen en desperate op Krismis kan wees. (News24)
Polisie opsoek na twee regte kak verskonings vir mense
Die Polisie is opsoek na twee kaksleg mense. In die eerste geval is dit Menzi Hector Mabaso. Die kont het 'n proper crim CV en het Crime School ge-fokken cum laude. Hy is 'n ATM bomber, 'n hi-jacker, 'n moordenaar en het 'n escape uit die hof afgepull terwyl hy daar was vir 'n string aanklagte. Die ou is nou eers 26. Baie mooi. Mamma en pappa is trots op jou, jou vernaaide stuk kak. Na sy escape het hy nog so paar ATM bombings afgepul (kyk, mens het mos zak nodig so on-the-run.)
Die ou operate in KZN en Gauteng en die polisie het R25000 bounty op die stuk kak se kop as jy extra zak nodig het na jou krismis shopping-spree. (IOL)
Die tweede kak verskoning van 'n mens wat tans op vlug is, is Johan Kotze, 50, wat sy vervreemde vrou se 19 jarige seun doodgeksiet het en onmenslike dinge aan sy vrou laat doen het deur sy werkers voor hy op vlug geslaan het. Julle kan op TimesLive verder gaan lees oor die kont en sy dodgy verlede. Dis te grim en depressing om dit hier te bespreek.
Volgens polisie het hy 'n wit Toyota Fortuner met licence plate nommer DCS392FS en die glibberige amoeba het die ding se tracker uitgehaal.
Fokken doos. Hoop hulle vang hom binnekort.
Lees gerus volgende week heel moontlik oor hoe die ANC poesbaie geld in Bloem weggegooi het, ge-fight het en kak gemaak het. Ons het nie kristalballe nie, maar fokken Stevie Wonder kan daai een sien kom.
Watkykjy staan op 3,089,925 post views in totaal sedert 1 November, 2019.