Sodra ‘n mens ‘n nuwe CD luister, maak nie saak van wie nie, gebeur een van drie dinge:
1. Dis TOS, en jy luister dit nooit weer nie.
2. Dis POES cool, die beste ding wat jy nog ooit gehoor het…en jy raak binne drie dae gatvol vir dit, en jy luister dit nooit weer nie.
3. Jy kan nie jou mind opmaak nie, en jy luister dit weer. En weer. En weer. Hierdie word dan een van daai albums wat in jou kar se cd-pouch bly, en jy luister dit basies vir die res van jou lewe.
Met hulle vierde album in 5 jaar, het Van Coke Kartel uiteindelik in my opinie ‘n nommer drie gemaak.
My gevoel oor VCK is nog altyd een gewees van…meh. Nog net een van die legion bands wat die “Bellville Massiv” opmaak. Jy weet mos, die VanFokKingFantiesteHeuwels ft. Jack Parow. Ek het lankal ophou tel wie is in wie se band. Wie sing op wie se tracks? Wie toer hierdie keer saam met wie? Wie gee om?
VCK was vir my die grootste sondebokke as dit gekom het by die trend. Die eerste keer wat ek hulle self-titled debuut album gehoor het in 2007, was ek reg met die lyn “kan jy apatie spel?”
Enigste liriek op daai een wat ek kan onthou is “jissis, dis gevaarlik hier!” en dis ook net omdat laster in afrikaans altyd oulik is.
Die opinie het gehou tot 2010 se Skop, Skiet en Donner, en ook eers tot ek ‘Voor Ons Stof Word’ gehoor het. Dit was vir my ‘n moerse surprise. ‘n VCK song wat ek nie net van hou nie, maar daadwerklik mal oor was? Jirre! Wie sou kon dink?
En wie sou kon dink dat VCK daai selfde trick met my kon pull, maar op ‘n baie groter manier, met hulle vierde album?
Die eenvoudigste manier om dit te sê is dat met Wie’s Bang, het VCK next level gegaan. Of nog meer next level, as jy klaar ‘n fan was. Ek was eerlikwaar nie ‘n fan nie, so hoe die fok het dit gebeur dat ek nou hier sit en skryf dat Wie’s Bang die heel eerste album is wat jy in 2012 moet kry?
Miskien is dit omdat Francois Van Coke nog altyd weet hoe om ‘n liriek ballas te gee en dan hare op daai ballas te sit.
Miskien is dit omdat Jed Kossew ‘n letterlike lead-guitar god geword het toe ek nie aandag gegee het nie. Jy hoef net te luister na hoe aapkak mal hy gaan op ‘Brein Verloor’ en ‘Wie’s Bang” , of hoe soulful hy speel op die nuwe anthem-in-waiting ‘Tot Die Son Uitkom’ om dit vir ‘n feit te weet.
Miskien is dit omdat Jason Oosthuizen in 2010 die titel verwerf het van vinnigste drummer in Suid Afrika, en omdat hy en Wynand Myburgh ‘n rhythm section opmaak wat so slick en magtig soos ‘n Ferrari-Tank is.
Miskien dink ek so highly oor die nuwe album omdat daar ‘n tema is. Die hele 2012-end-of-the-world storie trek sterk deur die hele ding. Op ‘Chaos’ (Ja, featuring Jack Parow. Party dinge bly maar nou dieselfde) sing Francois Van Coke wat seker my favourite line van die jaar gaan wees. “Kyk daar’s chaos buite, hoor dit deur ons sitkamer ruite en kry duidelikheid oor ons TV stelle”
Miskien is dit Theo Crous se crystal-clear en hard-as-fuck produksie?
Miskien omdat daar bitter min, indien enige, kak tracks is wat jou gaan laat reach vir die skip-button op jou radio of HiFi?
…Al wat ek kan dink is dat miskien is dit all-of-the-above!
Ek is een van daai pretentious faggots wat prentjies sien in hulle kop as hulle musiek luister. Wanneer ek na ‘Wie’s Bang’ luister, sien ek vir Francois, Wynand, Jed en Jason op ‘n krans staan. Voor hulle is die einde. Die honger, lee maag van die duisternis, die vrees, die leemtes van die gate in ons kultuur. Voor hulle is die dinge, watookal dit mag wees, wat jou bang maak.
Dit dreig om hulle in te sluk.
Maar die vier lede van VCK staan regop, en skree harder as nog ooit tevore dat hulle fokken WEIER om dit te laat gebeur.
Soos gesing word op title track “Vrees kon nie my energie steel nie, die verouderde ligaam ook nie”
Dit klink na ‘n ander Francois Van Coke wat die lyn sing, en ‘n ander Van Coke Kartel, ‘n ouer, meer refined weergawe waar jy kan hoor hoe ver hulle al getravel het, hoeveel hulle al gesien het, en hoe ver hulle het om nog te gaan…
Ek persoonlik, kan nou nie wag om te sien waar, en hoe ver, dit is nie.
Nice one VCK. Julle het my uiteindelik oortuig
Watkykjy staan op 3,056,053 post views in totaal sedert 1 November, 2019.