Ram Jam Vol. VI – Highway to Hell
Vrydag 27 Januarie
20:00 – laaat
Sgt Pepper, 194 Langstraat
"No stop signs, speed limit. Nobody's gonna slow me down."
Ram Jam, in samewerking met Jack Daniel's, tref Langstraat in Kaapstad volgende Vrydag met 'n moerse spoed vir 'n heelnag paartie met net die fokken beste rock en fokken roll noord van die hel. Dis tyd om jou bootse af te stof, daai leerbaadjie op te zip, jou kop te skud en jou sexy gat te kom swaai (as jy 'n chick is). Dis tyd om te rock pappie.
Behalwe die lekker fokken sondige rock en roll tracks wat DJs Chopper Charlie, Iron Leyden en die Red Hot Lili Pepper die hele aand deur die vents gaan pomp tot dit by jou sweetgaatjies uitloop, is daar dié keer ook BEFOKTE pryse en give-aways en kak. Die Best Dressed Legend kry 'n Rock Start Starter Pack met:
– 'n Bottel Jack
– Jack Daniel's skippie en cap
– Altwee Steel Panther albums op CD
– 'n R200 voucher by Sgt Pepper in Langstraat
– 'n R1 000 tattoo voucher by Leigh Soulink van Fine Lines Tattoo Studio
En as jy ure insit op die dansvloer en 'n mean air guitar gooi of net fokken hot lyk (weereens as jy 'n chick is), kan die DJs jou surprise met 'n lekker rock CD bederfie.
Kiefpiele!
Hier is 'n lekker rock 'n roll tune om julle pype solank ge-olie te kry. Vat hom vas!
Watkykjy staan op 3,110,203 post views in totaal sedert 1 November, 2019.