Ope Brief aan Israeli Immigration

In Briewe deur Watkykertjie bydrae

Lyk ek soos ‘n fokken terroris? Ek heg foto aan net dat julle kan seker maak.

Asseblief, vertel vir my, hoekom moet julle my hele fokken tas uitpak nadat ek vir julle gese het ek het die fokken ding self ingepak, en dat ek nie enige gebruikte kondome, draks, plofstof of verrykte uraan ingepak het tussen my kouse nie.

Julle Pak fokken alles uit, en se dan vir my nogal “Thank you sir you can move on” sonder om my te help om 3 maande se kak weer in te pak. Fok jou, immigration chick met die moerse tiete.

Ek dog toe, nee alles is  nou piele, ek kan maar “move on” maar nee, julle kom met die coup de grace, please step this way sir, ondervra my vir 2 fokken ure. Gooi ‘n “please strip to your underwear” en toe ek laat weet ek het nie ‘n fokken onderbroek aan nie, toe gaan haal julle ‘n fokken chick om te kom kyk en te help met die body search.

Ek sit nou hier en huil bietjies bietjies terwyl ek nie eers kan torrent op julle wireless nie.
Julle almal se ma se poese
Ek hoop julle verstik aan die fokken Bezeq infrasruktuur wat ek die afgelope 3 maande aan gewerk het.

Dries

Hierdie post is 180 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,837,808 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Watkykertjie bydraeOpe Brief aan Israeli Immigration