Kyk, ek is nie iemand vir fisiese werk nie. Naai is seker die naaste wat ek aan oefening kom, maar daar is maar sekere goed wat mens ongelukkig moet doen in-en-om die huis. Geleerdes verwys daarna as instandhouding. Ek verwys na dit as “fokken missions”.
Dis ook ‘n baie goeie verskoning om Builder’s Warehouse te gaan bewandel. Dis die enigste plek waar ouens min of meer chicks se obsessie met shopping kan verstaan tot ‘n mate. Die fokop met daai plek is dat jy gewoonlik nie uitloop met die items wat jy beplan het om te koop nie. Mens laai mos altyd eksta kak in die trollie. Veral as jy in die queue wag. Soos by Pick n Pay of Checkers: “Hmm, terwyl ek nou in die queue wag kan ek net sowel ‘n BarOne en ‘n Coke gryp.” By Builders: “Jirre, kyk hierso. Dis ‘n no-spill kosbakkie vir kinders en dis net R50!”. En dan het jy nie eers kinders nie…
Veertig minute later kom ek by die huis aan met gloeilampe (mens koop mos altyd bayonette en skroef-tipes want jy weet nie wat in jou huis aangaan nie), ‘n no-spill kosbakkie vir kinders (en ek het nie fokken kinders nie), irrigation pipes en ‘n magazine waarvan ek die content in elk geval op die blerrie internet kan lees. Ek kan sweer ek het iets vergeet… O ja, wag. Toe ek opgestaan het die oggend was my mission eintlik om gras te plant. Ons grasperk lyk soos fokken Irak. Ek het fertiliser nodig gehad. Die gras sou ek later kry. Oppad uit by die huis sien ek dat ons water feature ook gekak het, so ek het ‘n pomp nodig. (‘n Waterpomp, jou sif naai. Visdammetjie vibes).
Terug fokken Builders toe. Terug in die queue. Ek staan daar met ‘n waterpomp en twee stretchers. Stretchers vir honde om op te slaap. My fucked-up compulsiveness knows no bounds. Jirre. Die stretchers is R599 elk en die waterpomp het (big fucking surprise) nie ‘n prys op nie, maar dit het at least ‘n barcode op. Die 350 liter per uur ene is R169, so die 150 liter per uur een wat ek vashou kan nie ‘n fok duurder wees nie. Die chick scan die ding agt keer. Fokol gebeur. Hier is waar die kak begin:
Kassier chick: “Can you go fetch another one?”
Ek: “Does it look like I am wearing a Builder’s Warehouse shirt? Why don’t you have pricing on your items. Better yet, why don’t you have pricing on your shelves? You go fetch it and make sure it is the same thing. It is in isle number 2”
Sy sloffel daar weg en kom eventually terug met ‘n waterpomp. “Beep!” R169. Sy het die fokken 350 liter per pomp gaan haal en gedink ek sou nie agterkom nie.
Ek: “It is not the same item.” (baie ander snedige sinne het gevolg, maar ons het nie nou tyd vir dit nie)
Weer sloffel sy weg. Hierdie keer voel dit soos ‘n ewigheid en ek raak fokken ge-irriteerd. Ek raak sommer lelik met ander customers ook. Die ou langs my het omtrent R5000 se plante gekoop. Ek: “Are you building a fucking rain forest?” Ek bel sommer Builder’s se customer care line van die til af: “Stuur ‘n manager na til nommer 2 toe. Ek is nie fokken happy nie.”
Twee manangers daag op. Die til-sloffie is steeds nêrens te sien nie en ek begin vloek en uitvaar teen die managers oor hoe Builders se pryse nooit ooreenstem met hulle pryse op die rakke nie, hoe daar gereeld nooit pryse op items is nie en oor die til-sloffie wat my sommer tune om ‘n nuwe item te gaan haal omdat Builder’s te kaksleg is om hulle fokken stock te manage. Die sloffie daag op met die regte item so deur my gevoekery, die manger tik een of ander super secret manager secrituy code in en maak sommer ‘n prys daar op die spot op. R100. Dis min of meer hier waar ek oorslaan in Afrikaans van befoktgeid: “Jy suig daai prys uit jou hol uit! Hoe kan jy my tune dis R100. Wat kos die fokken ding regtig? Jissis julle maak my kwaad! Julle pricing en stock is fucked!”
Die ou probeer verduidelik dat die item nie op hulle system is nie. Hulle verkoop met ander woorde iets van hulle rakke af wat nie bestaan nie en hy apologise. Ek sien sy lippe beweeg maar al wat ek hoor is die vloekwoorde wat by my mond uitval. Almal is ongelukkig. Hy verkoop dit onder kosprys (wat hy ook uit sy hol suig)
Check, dit gaan nie oor die klein bietjie geld wat die ding kos nie – dit gaan oor companies wat consumers naai. Ek buk noddefok nie. Nie eers vir R5 nie.
En so maak Builder’s my laaste dag van 2011 ‘n fokken moerige een. Ek betaal en fokof.
By die huis aangekom, kom ek agter dat ek toe nooit die fertiliser gekoop het. Ek belowe myself dat ek as straf op 1 Januarie nie mag bier drink nie, want ek is ‘n fokken doos. Ek klim in my kar en fok weer terug Builder’s toe, want eerlikwaar, waar anders koop mens die variety van fokken goed wat hulle verkoop?
‘n Halfuur later is ek terug by die huis. Met 5kg fertiliser.
En 10 meter se fokken garden hedges…
Watkykjy staan op 3,049,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.