Jy dink miskien JY het 'n harde week gehad, maar ag maaan moenie moan nie, beesblaas. Jy kon dit baie kakker gehad het. Ek is seker as Oom Jurie en bra Robby toevallig hand-omie-blaas verby hierdie scene gestap het by Musica oppad Foshini's toe vir nog 'n polonek-truitjie, hy baie meer huilerig kan voel as jy.
Nie 10 skille nie, nee, VYF RAND. Vir 'n hele album. Hiermee kon die staff by Musica netsowel 'n sign opgesit het wat tune: "Dear Customer, we are stuck with these atrocious fuckin CD's that's been taking up valuable space for years and where we could rather have gooi-ed more Jack Parow albums. Please take this shit off our hands. Fuck it, you could have taken it for pasella, but I'm gonna pocket that R5 so I can buy some skyf for the weekend."
Kom ons consider net gou wat mens met 'n R5 kan doen.
* 'n 340ml blikkie Coke koop, maar net by die dodgy keffie in die onderdorp waar jy gerob gaan word of'n brandsiek hond jou dalk kan byt.
* Jy kan halfies gaan op 'n Junior Mc D's burger saam met 'n tjommie, of 'n boemie met OBS breff.
* Jy kan die Son koop, en een loose draw, dalk 2, as jy Yes, Sahawi of daai ander sif kak rook.
* Nie eers 'n fokken Bar One tjoklit koop nie.
Ek dink die toppunt van hierdie insult deur Musica is die volgende:
'n Verbatim CD met 'n houer prys more or less so R9, so wat hulle tune is: "Jurie, jy het songs geskryf, backtracks gekry, gesing, dit record, glamour shots laat neem, en dit op 'n CD gesit. En na al daai effort het jy 'n leë CD se value nou GEDROP met R4.
Well done!"
Watkykjy staan op 3,084,431 post views in totaal sedert 1 November, 2019.