As jy hier by die 10de Desember rond gefokof het op holiday, sonder interwebs was en vandag vir die eerste keer weer terug is by die graft is jy so paar kakke agter op Watkykjy. Moenie worry nie, jy kan hier begin en jou pad vorentoe werk. Jy gaan in elk geval niks wil doen terug by die werk nie, maar jy wil ten minste "produktief" en "besig" lyk.
Mag 2012 jou nie 'n mielie in die hol rol nie. Hier is laasweek se Zefspotters:
Hi Griff
Hierdie zefmobile was by Hibberdene gepark. Hy het ñ Vrystaat nommerplaat gehad, ek vermoed die eienaar bly in Welkom.
Zef kar en eienaar
Francois
Zoom in as jy moet – PE early December 2011 – "tik kop" is nie 'n ref. na die dollie in die kantoor nie, (of is dit?)
Regards
Jagged John
Hi, Griff
Ons was vandag deur na Makado/Potties toe, en toe sien ek die bord teen 'n muur.
Gedink julle kan dit dalk met ons mede mens deel…
Ulrich
Yes Griff,
Ek het hierdie beauty gespot tussen Delmas en Nigel.
Asof die twin-exhausts, poes groot wing, en Blou-tril stickers nie genoeg is nie, het die fokker ‘n geraamte aan sy aerial, ‘n tier-vlag op sy boot se speakerboard, en ‘n fokken DVD screen agter die headrest vasgestrap met cable-ties…
Cheers,
Geno
Watkykjy staan op 3,048,763 post views in totaal sedert 1 November, 2019.