Aaah Kuip Town. Land van melk en heuning. Land van befokde duur parking en land van heavy sterk wind. Bleikbaar pomp dit nog nie eers so so sterk nie. Tans waai die wind jou wasgoed weg dat jy Maandag nuwe t shirts en sokkies moet koop. Aah Kuip Town land van bergies wat boekdele vertel vir n paar bedel geldjies. As jy ‘n hart het gaan bedelaars drie kwart van jou pay check uit jou uit bedel. Ek help graag, maar as dieselfde fokken lat my daagliks vrae vir support en ‘n beter skipper dra as ek gaan ek iewers iewat dedoos in raak vir sy gekerm. En dan het van die naaiers nog die audacity om jou te dreig met gangster kak as jy nee sê. Ah The Kuip of Good Hope. Sorry my skat, so lief ek vir jou geraak die afgelope 6 weke, is daar net fo’’ol hoop vir van jou residents nie.
Ag maar Diary laat ek nou nie soos n stofpoeper wat inbel op RSG en kla oor die polisie diens klink nie. “Vhe Kuip has a lot more than no teeth just gums.” Die Converse Block Party was getuie hiervan. Kudos WKJ vir die tickets. Daar was ‘n paar lekker fokken suur hipster-kinders buite die entrance met trane in hulle see-through oogtekkies en snot in hulle moerse kuiwe. Ek’s vertel dat die Block Party in Joburg rof was en toe ek die venue en spanne besig sien met setup deur die dag gecheck oppad huis toe na werk kon ek sien wat hulle bedoel met block party en dat die ‘n groot fokken jol gaan wees. Dom drol soos ek is kon ek nooit 2 en 2 bymekaar sit en uitfigure ‘nou warre fok bedoel hulle met die ‘block’ in block Party nie.’ Klein Ruantjie my vriend, jy my ou, is ‘n dumbass. Hulle baken die hele blok af en dan party almal fokken hard daar in die strate om die main venue, in die geval Assembly. Stages, bars, Dj’s, grafitti artists, fire breathers’ freaks op stilte en kak baie mense om jou heelaand te entertain. Soos ‘n straat braai saam jou ouers toe jy n snotneus was. Dis nou net twintig jaar later en die snotneus is n coke neus en jou ouers is by die huis. Not to beat around the block here moet ek sê dit was fokken prêt, lekker musiek, lekker entertainment. Youngsta na my mening was die top act van almal daai aand met sy lekker local flavour rap vibes. Niks Amerrrican bling, bitches, Crystal en Hummer kak nie. Net ‘n kleurling bra met ‘n giftong soos skerp soos n mes in die tronk. Hy rap oor trein ry in Kuip Town, Violence in sy geskiedenis, sex, dagga en al die local flavours van sy lewe. Met die ander bands het ek myself meer by die bar gesien as voor die stage nie dat hulle kak was nie bier was net lekkerder en niemand was so lus vir die ding soos die eiewerige raps van Youngsta nie. As jy wil weet wie die ander bands was gaan kyk op die flyer.
Wel Diary nes ek nou die aand ‘n Dram en Buis experience gehad het was hierdie naweek aan bênds toegedeel. Live music is maar waar die hart eintlik lê. Die Public Holiday Vrydag het ek en ‘n paar tjomme by Daddy Long Legs geblom. Dis ‘n hotel op Lang straat en nie eintlik ‘n jol nie maar daar was kief akoestiese vibes. Fokkit ek kan nie almal se name onthou nie maar Two Minute Puzzle het geroer. Selfs jou ma sal sê: “ Dis nou lekker musiek”. Beste song was die een oor crack cocaine. AS jy ooit kan luister na sy shit en hou ’n oor oop vir daai een. Die ander bra was Donny. Net so Lekker. Blues ou wat sy kitaar onderstebo speel. Klein snaar bo en dik snaar onder. Ja ja ek weet fokol van instrumente af nie maar fok jou, ek weet wanner musiek kak lekker of lekker kak is. Deur die res van die naweek het ek Hog Hoggidy Hog gesien. Bleikbaar een van hulle laaste shows in die Kaap of ooit of vir die jaar of een of ander fokken rumour gebonde aan die show. Ska my bra, sal selfs die donkerste goth wat huil in die hoek lat fokken smile. Die Kaapse Klopse moet een van die Hogs se songs cover dan sal Distrik 6 harder skud as tiete op Camps Bay se beach. Sabre Tooth was some weird cover rock band met n paar original songs en keyboard in die mix. Bietjie glam net sonder die spandex. Check hulle gerus uit. Dead Lucky wasook op die verhoog. Lekker rock ‘n roll met stywe rifs en cool songs. Ekt lekker oor my onderlip gebuit en air guitar gegooi daar tussen die head bangers in die Crowd.
At the end of it all Diary is Kuip Town niks kort aan ‘n goeie en ‘n verskeidenheid live music nie. Famous en local acts speel elke aand somewhere en as jy tevrede is omdat jy ‘n fan is en lankal ophou fokken worry oor self in n band speel het met jou gat in daai lekker Lurpak soutbouter geval.
Awê uirie Kaap. Somer is here.
Eine Kleine Ruantjie.
Watkykjy staan op 3,092,369 post views in totaal sedert 1 November, 2019.