Simply Dead is Toast Coetzer, Jane Breetzke en Jon Savage. Wat is Simply Dead? Dis ’n band met funny songs oor die dood en dan ook bikes, die bakker op Solitaire, die Wimpy op Klawer, Avroy Shlain reps en die duiwel.
Simply Dead bly in die Kaap en Emoticon Breakdown is hulle eerste album.
Jon, Jane en Toast ken mekaar al van varsitydae af. Toast was Jon se roadie op sy eerste toer langs die kus af back in the day. En Jon is ook in Toast se ander band, The Buckfever Underground, waarvoor Jane ook soms backing vocals doen. Jon en Jane is ook deel van Cassette, en Hummingwolf en ’n handvol ander projekte.
In Simply Dead is Toast op lead vocals, met Jane wat deurgaans die dag red (synde sy actually kan sing). Jon sing ook, maar net op die agtergrond rond. Die tunes is in Engels en Afrikaans en soms in altwee tegelyk.
Tranetrekkers? Tick. Knersvlakte hip-hop? Tick.
Emoticon Breakdown track listing:
1. Life Is Cute
2. She Is With Me
3. Devastation
4. The Eye In The Palm Of My Hand
5. It’s Less Dangerous
6. Nou-Nou Kom Die Trane
7. Die Bakker
8. Emoticon Breakdown
9. **** You Very Much
10. Devastation (reprise)
Julle kan die die album se tracks gaan download by http://www.zefshop.com. Emoticon Breakdown is vir mahala, maar vir die res van die tracks gaan jy 8 skille moet uitruk. Muso’s moet ook eet.
Simply Dead – Emoticon Breakdown
Watkykjy staan op 3,083,766 post views in totaal sedert 1 November, 2019.