Dear Diary…
……….Kuip Town is rowwer as ooit. Na ‘n maand in die stad is dit baie duidelik.
Party season is hier in esCape Town.
Toeriste fokken oral. Jy stap in jou local kaffie in en klink dit soos die toring van Babel
(die storie in die bybel, nie die kak langdradige Brad Pitt fliek nie)
Vir die wat hou van party en dop maak is daar nooit ‘n vet jol skort hier in multicultural Kuip Town nie. Ek het al by ‘n paar klaps en jols hier in die moederfokken moederstad gaan uitslat maar Vrydag by Sgt. Peppers het die kersie (kotsie) op die wedding cake gesit.
Nie net het Ram Jam veroorsaak dat ek kak dronk geraak het en my bus werk toe die volgende dag in sy poes in gemis het nie, dit het my heeltemal van die party wagon afgebliksem…vir ten miste so week.
Ram Jam is ‘n fokop. Maar ‘n goeie en ‘n lekker een. Soos daardie bra wat aktuarieele wetenskap geswot het maar nou saam jou dagga rook en lyne doen van 'n hoer se rug af.
Chopper Charlie (Wedding Dj’s) team saam sy ander bra Iron Leydon op en gooi classic rock tracks harder as ‘n teerpad voor in jou straat. En die mense fokken laaik’it.
Hulle gaan amper so vet tekere soos DJ's, as dit enigsins moontlik is.
Chopper doen Freddie Mercury impressions, woeste air guitaring vuiste vang die lug bo hom, bliksem dit hard en die crowd love dit meer as wat Jackie Selebei van free kak hou.
Die crowd aanbid heel aand die twee Dj’s met elke treffer wat hulle uit pomp.
Poison, Highway To Hell, Bohemian Rhapsody, die complete Bon Jovi Discography… elke lekker driving rock trêk van die laaste decade.
Dis jou persoonlike favourite mix tape vir ‘n Vrydagaand, behalwe hierdie ouens het die cd ge-write en die party gebring.
Iron Leydon bleik ook om ‘n paar ‘alies’ kwyt te wees.
Wie de fok spring op ‘n cheap-yster-kerk-bazaar tafel met al hulle equipment op en rock dat die ding wil knak soos ‘n stukkie dröe spaghetti?
Hy het gou gesien die ding gan hard kak onder sy party pote en hulle equipment gaan nie nog 'n gig sien nie. Nie dat hy blykbaar 'n blou fok gevoel het daaroor nie.
Sgt. Pepper was vol hipster, rockers, hot chicks (jirre rooi hare doen dit vir my – wie okal jy was, ek sal jouveraltyd onthou). Mense suip hard, praat nog harder kak en rock back to the 80’s met hulle doppe hoog bo hulle koppe asof hulle actually by ‘n Van Halen concert is…of ten miste by 'n poes goeie Van Halen cover band se show is.
Vet prêt as jy lus is vir rock wat jou naar sal maak van nostalgie en as jy nie skrik vir 'n onheilige babelas nie .
Ek woon beslis die volgende show by… as ek nog werk het teen daardie tyd.
Groete uirrie Kaap.
Poes Klein Ruantjie.
Watkykjy staan op 3,103,981 post views in totaal sedert 1 November, 2019.