Jack Parow in jou moedefokken koekie

In Snotstories deur griffin

Stefanus Phillipus Swanepoel, bekend aan sy vrinne as Fanna al die pad van Bultfontein innie Vrystaat se pragtige preggies vrou en haar vriendinne het besluit om Fanna se verjaardag hierdie jaar baie spesiaal te maak hier in Kampala (Uganda).

Julle sien, laat Maandag middag is ek en my wip via WhatsApp genooi om Woensdag aand by Riaan Pyper of "Pyp" soos die manne hom roep se plek te gaan draai vir 'n paar brannas en prego rolls om Fanna se verjaardag te vier. Daar aangekom brand die vuurtjie al en ek word sommer so deur die kar venster al 'n Ricky Louw innie hand gestop toe ons in trek. Needless to say het dinge net lekkerder geraak van daar af. Marinated steaks is op die vuur gegooi en dit was nie lank nie toe skep die vrouens op.

Na ete skree Pyp van buite by die vuur vir sy vrou: "Baby, is daar dan nie poeding vanaandie?" Dit was blykbaar die cue want Pyp toe loop innie sitkamer in, crank die hi-fi op met 'n vet Jack Parrow tune en almal word kombuis toe gesleep waar die mooiste verjaardag koek in die wereld vir die man van die uur staan en wag. Ek se jou, as Fanna nie ore gehad het nie was daai smile reg romdom sy kop!

Obviously is Fanna is 'n groot fan en kan nie wag dat sy nuwe album die rakke te tref nie. So JP, as jy hierdie lees moenie dink jy is cooler as Fanna. Vat daai goue marker pen van jou, autograph 'n copy en stuur vir hom. Ag toe man asseblief.

Kapelaan Ledigheid

IMG-20111130-00326

IMG-20111130-00330

IMG-20111130-00331

IMG-20111130-00332

IMG-20111130-00333

Hierdie post is 239 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,601,468 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinJack Parow in jou moedefokken koekie