Julle sal check dat daar op die regterkant van die site 'n nuwe music player is. In case julle gewonder het, dis Interwebsradio – ons nuwe online music radio station. Uiteindelik is daar 'n stasie waar jy na kief musiek kan luister in plaas van 'n klomp mense wat poes praat oor 'n klomp kak wat fokol met musiek uit te waai het.
Ons is nog in die agtergrond besig om 'n hele klomp lekker shows aanmekaar te sit wat jou sal entertain. Die website self moet nog al die mooi cosmetics kry en al daai tiep van goeters, maar op die ou einde van die dag gaan dit oor musiek, so dit maak nie nou so erg saak hoe die site lyk nie. Hy fokken werk en ons het besluit om julle maar solank van die station te vertel. Hy run nou al solid vir amper 'n jaar lank in secret sonder om om te bliksem.
Jy kan na Interwebsradio luister deur net play op die player te click, of jy kan na Interwebsradio.com toe gaan en vandaar af vir jou 'n stream kies. Ons het spesiaal een gemaak vir fone ook, so jy is covered. Een stream run op 128kbps (54mb per uur) en die selfoon vibe hardloop op 56kbps (25mb per uur). Vir selfone sal jy byvoordbeeld hierdie link gebruik: http://interwebsradio.com/mobile. Die quality is befok.
O ja, en daar op die site kan jy sommer ook check watse song speel.
Wat cool is, is dat jy fokol fancy nodig het om na die stasie te luister. Jy kan dit oopmaak met enige basic browser, of enige music player van jou keuse soos iTunes of watookal.
Ons het Interwebsradio ook ge-gear vir outside broadcasting, so ons sal van tyd tot tyd vir julle live concerts gaan bywoon en dit stream, omdat ons fokken nice mense is.
Pak jou earphones in as jy werk toe gaan en gee ons 'n luister. Dit kan jou tos dag by die werk net beter maak. Check onder post vir die Facebook button en share dit sommer met al jou tjommies wat musiek like.
Watkykjy staan op 3,064,404 post views in totaal sedert 1 November, 2019.