Krismis is carnage, dis nou maar eenmaal so. En dis asof mense nooit leer nie. Elke liewe jaar dieselfde fokken kak en hare. Stampvol malls, roomyse wat smelt, kinners wat skreeu, families wat baklei oor Kersete en kredietkaarte wat bars om simpel blink kak en fake plastic trees te koop.
En asof dit nie genoeg is nie, word daar vir my jaarliks nog ‘n ander fokken irritasie bygevoeg. Die Suid-Afrikaanse fokken Posdiens.
Check, my ma is dedicated aan presente koop soos ‘n Springbok losskakel aan doelloos bal wegskop. Dis epies, manies en ‘n konstante – soos die spoed van lig. (Wat snaaks genoeg presies die teenoorgestelde spoed van die gemiddelde pakkie besending deur die Poskantoor is.)
Hierdie jaar ontvang ek weer ‘n hele rits tracking numbers van my ma wat ek moet afhaal by die Poskantoor. “Speed” Services tracking nommers. Want hulle belowe overnight delivery maar ek is mos al lank in die game. Ken hulle fokken moves. Val nie vir kak nie.
Dié dat ek ‘n dag ná die kamtige arrival date eers loop vra vir my pakkies. Maar nee. Die onvriendelike Krismiselfie by die Poskantoor weet van niks. Hy kan dit ook nie opsoek op Die System nie, want dis offline. (Natuurlik.) Laastens word so boek met hectic varkore nadergetrek sodat hy lusteloos heen en weer daarin kan rondblaai net om te eindig met “It’s not here.” Punt.
En net daar verloor ek dit toe. In jou standaard depressing Poskantoor tak op ‘n reënerige Woesndagoggend in die Moederstad. Skree op die underpaid, skaars gekwalifiseerde boodskapper van kak Kersnuus. Gluur na die ander klante vir support, wat op hulle beurt ongemaklik wegkyk of na hulle skoene. Gooi papiere neer, vloek sommer fokken weer en storm fokken uit – net om in een van daai timelock deure te moet wag tot die groen liggie aangaan. Kon nie eers ‘n fokken deur toeslaan nie. Die fok weet.
Ek sal julle nie deur die res van my sad fokken Krismis tale vat nie (wees maar Goddank bly), maar dit het die volgende ingesluit:
• Frustrasie met hulle website wat óf offline is óf net sê die pakkies bestaan nie
• Talle gemorsde minute van aanhou op ‘n customer service lyn wat eindelose loops veroorsaak onafhanklik van die selections wat jy maak
• 5 trips na 2 verskillende Poskantore om ‘n paar pakkies te kry wat almal na my adres gepos is
• Oombliklike verleentheid toe ek agterkom ek is “daai doos” toe ek my lappie verloor in die Poskantoor
Anyway, lang storie kort en uiteindelik kon ek my gehawende pakkies propvol klere, sokkies en onnas van my liefste moeder ontvang. Net om ‘n SMS van dieselfde liefste moeder die volgende oggend te kry: Een van die pakkies is Pappa Charlie s’n en nie Chopper Charlie s’n nie. So dis weer terug na die fokken Poskantoor om die pakkie terug te stuur…
Op ‘n manier is hierdie dan ‘n ope brief aan sy majesteit, die agbare Posmeester-Generaal (of whatever opgemaakte kwasi-militêre titel die dude deesdae beklee). Jirre my ou, dis fokken Kersfees man. Maak bietjie ‘n man se las ligter en sort julle kak uit. Laat die mense tekkies dra soos Standerd Bank, of kry at least ‘n boek sonder varkore, of ‘n website wat nie in 1995 gebou is nie.
Op ‘n heel basiese vlak verander sommer Speed Services na net Courier Services toe. Dis meer in lyn met die realiteit en terselfdertyd manage jy mense se expectations. Enige verwysing na tyd moet liefs vermy word. Once.
Laastens wil ek u en u agbare familie ‘n geseënde Kersfees en fantastiese fokken Nuwejaar toewens. Ek het vir julle ‘n lieflike lamsboud gestuur in een van daai rooi “Speed” Services sakke maar het die tracking nommer verloor. Laat weet maar as hy daar aankom. Of nie. Whatever. Jy weet mos hoe dit gaan. Fok.
Watkykjy staan op 3,065,754 post views in totaal sedert 1 November, 2019.