Jy vreet soos meeste mense in Suid-Afrika seker ook net eenkeer per jaar jaar kalkoen, so jy kan dit net sowel reg doen. Hier is ‘n redelike straight forward resep wat jy kan probeer. As dit vir jou te next level is, braai ‘n fokken hoender of tjops en braaibroodjies op jou Weber en hou op om verder te lees.
Die stuffing:
6 eetlepels botter (verkieslik nie manbotter nie)
1 eier wat jy moet klits
2 selery stokke (jy moet die kak, pap blare afhaal en hom fyn op chop. Jy behoort selery te ken – dis daai kak wat jy in Bloody Mary’s drink)
1 ui (fyn opgekerf. Jy moet obviously die ui fokken skil ook)
1 koppie chicken stock (mens kry daai Knorr blokkies wat jy in water oplos)
9 eetlepels vars cranberries (cranberries is maybe duur, maar kalkoen ook, so moenie ‘n poes wees nie en kry dit net)
2 koppies broodkrummels (gaan vra sommer by die bure)
1 eetlepel walnut, opgekerf (hierdie is nie moerse belangrik nie, maar iemand gaan jou dalk vra “Wat is daai aangename aroma?”, dan kan jy soos ‘n smug doos klink en tune “Ag, dis net so eetlepel opgekerfde walnut. Ek het daarvan op Watkykjy gelees en dis fokken larney”)
1 eetlepel gekerfde pietersielie
1 teelepel thyme (vir dieselfde rede as die walnut)
Sout en peker na smaak – fokken obviously
Die actual kalkoen
1 kalkoen, so 4-6kg (fokken duh, ons maak kalkoen hierso, mense)
100 gram botter
2 eetlepels paprika
Sout en peker na smaak – (weereens, fokken obviously)
Metode:
Pre-heat jou oond op 160ºC
Moer die botter in ‘n pot saam met die selery en uie en kook dit vir so rukkie tot dit sag is. Bliksem die chicken stock in en roer jou mengel tot dit kook.
Haal die pot van die plaat af en roer jou fancy cranberries en walnut in. Daarna gooi jy al die broodkrummels, die res van die herbs en jou geklitse eier in.
Jy behoort nou met kalkoen stuffing te sit as jy nie iets opgefok het nie. Druk dit met ‘n lepel in die kalkoen se keelgat en hol op. Maak jou kalkoen se bene toe soos ‘n non s’n en bind die drumsticks aan mekaar vas sodat die stuffing nie kan uitfok nie. Sommige kalkoene se bene is klaar toegebind wat dit minder van ‘n mission maak, so jy kan die stuffing in sy keelgat afdruk, die vel toevou en met toothpics vassteek.
Smelt die 100g botter in ‘n pot saam met die paprika en smeer dit oor die kalkoen se lyf met een van daai fancy kwassies. Sit sommer Unchained Melody van die Righteous Brothers op terwyl jy die kalkoen besmeer. Verbeel jouself jy is in daai scene van Ghost.
Sit die kalkoen op ‘n roasting tray met sy tiete in die lug, cover hom liggies met foelie (blink kant binne) en looi hom vir so 3 ure in die oond.
Laat ons weet of dit werk.
Watkykjy staan op 3,057,595 post views in totaal sedert 1 November, 2019.