Dis laaaaang naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffin

Ons weet dat van julle nog by die werk sit en shots in die boude moet vang by jou baas of konterige clients of daai dik tannie met die kort rooi hare en die brille met die chains van HR. Dis tyd om te duik, my bra. Vat jou stapler en fokof.

Op Kersdag gaan ons 'n heavy bumper edition gooi op Watkykjy met mooi meisies, 'n video van 'n krismisbox charity vibe wat ons saam met Blink Stefanus gedoen het om mense uit te help asook Chopper wat uitfreak oor krismis goeters. En nog meer.

Doen jouself 'n guns hierdie Krismis: As jy 'n heavy kak persent gekry het, neem 'n foto daarvan. Ons sal jou op Kersdag tune hoe om beter persente te kry aangesien ons so paar Watkykertjies se Kersfees wil beter maak. Die jirre weet, die lewe kan soms super onregverdig wees op Kersdag. Ons is hier om jou te help sodat 2012 'n beter begin het…

Klim nou in jou kar en fokof  en hou op om jouself so te straf. Hierdie gaan 'n lekker naweek wees. Dinsdag is boonop nog 'n vakansiedag ook nadat Kgalema Motlante hom so verklaar het. Blykbaar is dit Kgalema-nog-so-bietjie-dag.

lang naweek

Hierdie post is 358 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,463,970 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDis laaaaang naweek, kom ons fokken duik!