Dear Diary…
…Wat de fok is Drum&Bass en waar en wanneer het dit so lekker geword om soos ‘n kat met sellotape op sy pote rond te spring?
Ek weet nie, maar ek's kak bly dit het gebeur.
Dit het een van my guilty pleasures geword, soos om my snollies vir die hond voer.
Deesdae like ek dit om tekere te gaan op die 70bpm–breakdown-build-up en dan die 140bpm poesoff en tv game sounds in die agtergrond wat almal laat spring asof hulle kaalvoet oor kole hardloop.
Niemand gee eintlik om hoe de fok jy lyk as jy dans nie, en hoe kan hulle? Hulle lyk self soos n jackhammer wat se parte uitspat. Daar is geen regte of verkeede moves nie. Jy moet net die musiek soos ‘n techno hippie in jou rugraat voel, weghardloop op een plek elke nou en dan af hurk, woes rond wieg en jou arms waai.
As ek die koppies so op die dansvloere bekyk kan ek nie help om te dink hulle lyk soos ‘n klomp Levi-Advertensie rebelle wat op ‘n baie cool manier vir die pote weghardloop nie.
Hier in Kuip Town is daar ‘n vet D&B following en die Dj’s van die Devestation Crew is die leeu se ballas lykit vir my. Ek het hulle in Assembly gaan gan kyk vir die eerste keer.
Baie alternatiewe types wat daar hang en dis bietjie uit die fokken trend wat Long en Kloof straat is. Jy hoor hier en daar Afrikaanse gesprekke en die dop is darem standard geprys. Nie fokken R52 vir ‘n DB&C soos by sommige spots nie. Jou geld is klaar in Long Str. daar voor jy nog daar kom. Jirre.
Well Diary, Drum & Bass het my by die keel beet gehad soos ‘n rotweiler se kake.
Ek was warm gedans en gedrink en die scene op die vloer het my baie remind aan ‘n bekommerde ma wat haar kinders waarsku teen die sondes van groot stede.
“Die klaps is vol draks en vreemde mense wat vat aan jou tollie in die toilet na hulle draks in jou drankie gooi”
Die kinders dans toe oë, met hulle litte los langs hulle lywe, en ruk ritmies rond terwyl die disco ligte hulle insluk. Kort kort op die “epic break down”, net voor die kak begin, skree die koppies hulle tiete los en juig vir die Dj’s… Dan kom dit. Die kak.
Harde Playstation 9 beats, electric grinders wat tjirtjirtjittjir, whoopwhoopwhoop en ander vreemde geluide uit die 324ste century uit.
Soos die brannas my meer en meer gestimuleer het kon ek half agterkom wadifok Drum & Bass nou eintlik is. Dis net nie ‘n fok omgee oor hoe jy dans nie. Anything goes.
Dis nie drugs of substance nie, dis net fokken skud. Jy skud jou litte los en ruk jou rugraat uit pootjie uit en werk jou bo-been spiere to the max.
Dit pomp jou op en dit pis party mense ook lekker af. Jy weet daai naaiers wat maak of hulle musiek ken en sê “Dis nie musiek nie, dis techno kak en daar's nie instrumente in nie.” ?
Fok hulle. Ek Dram en Buis lekker. As die geselskap kak om die tafel is of ek te dronk is vir ‘n game pool is dit duidelik lekker om te fokken zone op die vloer….God bestaan weer, en hy's beslis 'n DJ.
Tot die volgende dram en buis party….
Toemtoemtoemtoooooooooooemtoemtoemtoemtoooooooooooooemnjaranjaranjaranjaratoemtoemtoemtoooooemwhopwhopwhopwhopwhopwhopwhopwhopwhop.
Poes Klein Ruantjie
Watkykjy staan op 3,083,852 post views in totaal sedert 1 November, 2019.