Liewe Ma
Hoe gaan dit nog aan daai kant? met my gaan dit dit goed…
Wag, laat ek oorbegin. Jy't altyd vir my gese dat ek oorsponklik moet wees as ek skryf, veral in die "romantic art of letter writing"…maar jirre, selfs jy sal moet erken dat daai idee nie heeltemal van pas is in 'n brief aan jou Ma is nie…Behalwe as jy Oedipus is, en die enigste rede hoekom ek weet wie daai motherfucker is , is omdat jy so baie gehou het van mythology, en omdat ek hou van woorde klink soos "pOEs" 🙂
…en voor Ma my kak gee en heeltemal "grammar-nazi-en wadifok-doen-jy!" gaan oor die smiley-face emoticon wat ek nou net gebruik het; dis fokken aanvaarde taal deesdae, opgevat in die Oxford English Dictionary in 2011. LOL ook….ja jirre, kan jy dit glo?
G'n wonder 2012 is the "End of the World" nie…good riddance, soos jy altyd gese het!
But back to the subject at hand.
Jy het verlede keer vir my gevra "hoe gaan dit op Die Dorp en met Pa & Sy Girlfriend"?
Die laaste keer wat ek jou die woord "girlfriend" hoor se het was: "Jou Pa kan in sy P#@s in vlieg met daardie nuwe GoDt**FH#%#$$% flerrie-Girlfriend-HOER!!! wat hy nou het. Hy kan sy "Poesbly oor Visbiltong!!!" musiek en daai F#@$#@sLeepSLET!!!!! maar kry!" …So dit was baie groot van jou om haar existence weer te erken, en ek dink jy maak baie goeie vordering!
…Ek blameer jou ook nie omdat jy ge-fokof het nie, maar jy weet dit obviously al klaar. Jy was altyd te goed vir hierdie plek, vir hierdie kak klein weskus dorpie. Maar ek weet jy't darem 'n paar goeie tye hier gehad, en soos jy maar altyd doen, lewenslange vriende gemaak. Vriende wat DIE MOER IN was toe hulle hoor Pa het 'n nuwe Girlfriend!
Dit sal jou miskien bly maak om te hoor dat Pa jare se kak kry by die mense op die dorp. Candy en Stella het vir Hom en Sy Girlfriend heeltemal afgeskryf, Oom Pieter Lukas en Oom Pieter Kreef laat hulle nog steeds nie drink by die wielhuis nie, En Adel Tiete het op Adel Kroeg se 21rst so dronk geraak, dat sy Pa se ander tand uitgebliksem het! Hy't nou 'n proper passion gap, en almal in die bar spot hom en noem hom 'n "Vet Wit Berghie!" Ek dink hy's 'n "Vet Wit Kont", en lag lekker as hy vra vir 'n bier by Emperors, en Groot Dougie dan altyd vir hom 'n quart bring!
Ma moet dit sien! dis fokken snaaks. Jy't altyd gese "die mense op die dorp is goed dood, en dood goed" en ek kon dit nooit regtig verstaan nie. Ek dink nog altyd net hulle is verkak!
Want eerlik waar, aangesien Ma wou weet, dit gaan met Die Dorp en Sy Mense, en met Pa en Sy Girlfriend, nog presies dieselfde. nog na al die tyd.
Dis limbo, waarin niks ooit verander nie, behalwe die gesigte op die lywe van die tiener-ma's en die bottels agter die bar, wat leeg word en volgemaak word, leeg word en volgemaak word…daar's 'n ritme op 'n klein weskus dorpie, so seker soos die see, so skuimerig soos die mense, so sout soos hulle se taal. As jy nie versigtig is nie, dan kan en sal dit jou meesleur, en jy sal verdrink met 'n glimlag op jou gesig en 'n dop in jou hand.
Hoe's daai vir kreatief wees?
Moet nou eers gaan, want soos jy laas keer kwytgeraak het; "kaklang briewe is kak boring!" …Jy moet bietjie werk aan daai woordeskat Mamabol, jy kon dit baie beter gese het! en ja ja, ek sal kom werk soek daar bo by julle as ek opkom volgende jaar, en vir my 'n regte girl kry en ophou tik verkoop, etc. Jissis, Ma worry regtig te veel…
Baie Baie <3 vir Ma
Jou beste seun
Zirkie
P.S Groot en Kleinbuks stuur groete en se hulle mis jou. Yvette, Tanya en Tanja, Candy, Stella, altwee die Adel's, elkeen van die Pieters, Rozelle, Rozier, Myrtle, Auntie Dol, Auntie Jack, Oom Jack, Jackie Slet en Jackie Nurse, die Wildeboer sisters, almal by die bar, almal by die hawe, en almal by die visfabriek mis jou ook.
P.P.S Ek mis jou meer as enige van daai fokkers. LOL
Watkykjy staan op 3,056,051 post views in totaal sedert 1 November, 2019.