Hello maats,
Watkykjy het verlede jaar die overall South African Blog Awards gewen en die jaar voor dit ook een of ander award ge-scoop. Beste Zulu website of iets. Dis weer daardie tyd van die jaar om vir ons te stem as julle skiem ons kan dit haak.
Jy sal check dat daar op die regterkant van die site, sowel as in hierdie post ‘n voting button is. Jy kry een vote per e-mail adres so jy kan net eenkeer per e-mail adres vote. As jy weer vote, word jou eerste vote ‘n nul op ‘n kontrak en slegs jou nuutste stem tel.
Indien jy klaar vir ‘n ander kak site gevote het, vote vir Watkykjy om jou tos keuse te overide. Jy het tyd tot 9 November. Gaan trek jou kruisie.
Ons sal huil en shit as ons wen en ‘n groot party gooi met free shooters en ‘n paar lekker bands.
Ag dankie man. Dis fokken gaaf van julle
– pik traan –
Watkykjy staan op 3,102,323 post views in totaal sedert 1 November, 2019.